`n Reeks oordenkings oor gebed
Mat. 6 v9 - 13
“So
moet julle bid:
Ons
Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse
brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons
oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Aan
U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Jesus het vir ons die model gebed gegee sodat ons daaruit
kan leer hoe ons moet bid. Uit hierdie voorbeeld gebed leer ons Here dat daar
is drie sake wat ons in ag moet neem ten opsigte van die inhoud van ons gebede.
1. Die geweldige omvang van die inhoud:
In hierdie gebed leer Jesus ons dat ons moet bid vir al
ons geestelike en liggaamlike behoeftes.
2. Daar is 'n bepaalde volgorde:
Die Naam van die Here, sy koninkryk en die goeie wil van
die Vader kom eerste. Eers dan volg die smeking rondom ons daaglikse behoeftes,
die vergewing van sondes en die bewaring van ons lewe. Dan word die gebed
afgesluit met aanbidding van, en die uitspreek van vertroue in Hom aan Wie die
krag en heerlikheid behoort.
3, Hierdie gebed is 'n duidelike voorbeeld:
Jesus het vir ons hierdie gebed as voorbeeld gegee sodat
ons kan leer waarop ons in ons gebede moet fokus.
Dit beteken egter nie dat ons net die woorde soos dit
hier vir ons gegee is moet bid nie. Die sake wat hier na vore kom is egter
belangrik.
Met ons volgende paar dagstukkies gaan ons in meer detail
fokus op die inhoud van hierdie voorbeeld gebed.
Amen
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking