PSALMS 13
2Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?
Vir altyd?
Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?
3Hoe lank moet ek nog my eie planne maak
en my dae met kommer deurbring?
Hoe lank sal die vyand my nog oorheers?
4Luister tog en antwoord my, Here my God!
Gee my tog nuwe lewenskrag.
Ek wil nie sterwe nie,
5anders sê my vyand hy het my oorwin
en juig my verdrukkers oor my ondergang.
6Ek hou vas aan u troue liefde,
oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.
Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het.
Hoe
lank nog HERE? Dis die noodroep van gelowiges oor al die eeue heen. Hoe lank
gaan U ons vergeet Here? Hoe lank moet ons nog swaarkry in hierdie lewe? Hoe
lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?
In
hierdie Psalm hoor ons ’n dringende roep na verlossing en dit is iets waarmee
ons kan identifiseer. In hierdie Psalm hoor ons hoe Dawid sy nood na die Here
toe bring. Ons weet nie presies wat die omstandighede was waarin Dawid verkeer
het toe hy hierdie Psalm gedig het nie. Uit Dawid se geskiedenis weet ons wel
dat hy tye in sy lewe beleef het waar hy onder erge vervolging gely het waar sy
lewe in gevaar was.
In
die Psalm self kry ons nie ’n aanduiding in watter van hierdie omstandighede
Dawid in verkeer het nie. Wat wel duidelik is, is dat Dawid in ’n erge
sielewroeging was toe hy hierdie Psalm geskryf het. Daarin sien ons hoe Dawid
vorder vanaf wanhopige vrae na angstige versoeke tot by lofprysing en vertroue
in die Here se liefde.
Dawid
se pad uit wanhoop deur gebed tot vertroue in die Here se liefde gee vir ons
ook troos en hoop wanneer die stampe en die stote van die lewe ons moedeloos
maak. Hierin sien ons hoe die Here se troue verbondsliefde ons optel wanneer
ons wanhoop verval. In hierdie Psalm sien ons dat ons, ons nood na die Here toe
mag bring. Ons mag vir uitkoms vra en ons sien dat ons op die Here se troue
verbondsliefde kan vertrou.
Bring jou
nood na die Here toe
Hierdie
Psalm begin by wanhoop. Vier keer vra Dawid die vraag “Hoe lank nog?”
s Hoe lank gaan
U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd?
s Hoe lank gaan
U nog van my af weg kyk?
s Hoe lank moet
ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?
s Hoe lank sal
die vyand my nog oorheers?
Die
viervoudige herhaling van die vraag wys vir ons sy intense lyding. Hierin sien
ons ook dat hierdie lyding baie meer is as die fisiese omstandighede wat
daartoe aanleiding gegee het. Dit is ’n absolute sielewroeging waarin Dawid
verkeer.
Dit
voel vir hom of die Here van hom vergeet het en dat Hy nie Dawid se ellende
raaksien nie. Dit voel vir hom of hy alleen staan in hierdie stryd en dat hy
absoluut op homself aangewese is. Hy is op daardie punt dat hy net nie meer
weet watter kant toe.
In
hierdie worstelstryd van Dawid is daar vir ons geweldig baie troos. Wanneer dit
voel of die lewe vir ons te veel word, dan mag ons, ons lot teenoor die Here
bekla. Hier sien ons hoe Dawid wat een van die groot geloofshelde in die Bybel
is na die Here toe kom met sy nood.
Hiermee
sê die Here vir ons: “jy mag na My toe kom wanneer die lewe vir jou te veel
word.” Ons mag na die Here toe kom en vir Hom sê: “Here ek kan nie meer nie. Ek
sien nie meer kans nie!” Wanneer die lewe te veel word, bring jou nood na die
Here toe.
Vra vir
uitkoms
Dawid
het sy nood na die Here toe gebring en daarmee saam het hy die Here gesmeek om
uitkoms te gee. Hy bring ’n dringende pleidooi na die HERE toe:
Luister tog
en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie,
anders sê my vyand hy het my oorwin en juig my verdrukkers oor my ondergang.
Te
midde van sy diepste vertwyfeling roep Dawid angstig tot Here vir uitkoms. As
sy vyand oorwin, dan oorwin die boosheid die goeie en dan is alles verlore.
Soms
is dit nodig dat ons tot die besef gebring moet word dat die enigste werklike
uitkoms alleen by God te vinde is. In hierdie situasie besef Dawid dat daar
alleen by die Here uitkoms is en daarom sy dringende gebed dat die HERE hom
moet antwoord. Hy kan nie meer nie en daarom vra hy dat die HERE vir nuwe
lewenskrag gee.
Wanneer
dit met ons goed gaan dan vergeet ons so maklik dat dit maar alleen die HERE se
genade is wat ons staande laat bly. As dit met my goedgaan dan dink ek maklik
dat ek nie die HERE nodig het nie. Soms is dit nodig dat ’n krisis in my lewe
my tot die besef moet bring dat dit net God is wat my hierdeur kan dra. Wanneer
dit goed gaan plaas ons so maklik ons vertroue in ander dinge en nie op die
HERE nie. Daarom moet ons weet dat ons in die goeie tye en die slegte tye
alleen op die HERE moet vertrou.
Die
krisisse in ons lewens help ons om te besef dat ons in goeie en slegte tye
alleen op Hom moet vertrou. Wanneer die lewe te veel word mag ons, ons nood na
die Here toe bring en ons mag vir uitkoms vra. Dit sal ons by die punt bring
waar ons die HERE kan loof en prys uit dankbaarheid vir sy troue verbondsliefde.
Vertrou
op die HERE se troue verbondsliefde
Die
Psalm se einde verskil radikaal van sy begin. Dawid se wanhoop het verander in ’n
loflied van dankbaarheid omdat hy nou God se liefde raaksien. In Ps. 13v6 hoor
ons:
Ek hou vas
aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot
eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.
Dawid
se vertroue staan op die HERE se troue verbondsliefde. Hierin sien ons die
liefdevolle karakter van God raak. Hy kan ons nie laat gaan nie omdat dit teen
sy natuur sou wees om dit te doen.
God
het Homself voorgeneem om sy liefde aan ons te gee. Daardie liefde sien ons
raak in sy handelinge deur al die eeue heen. Nadat Adam en Eva teen Hom
gerebelleer het, het Hy steeds in liefde na hulle toe uitgereik.
Uit
sy liefde het Hy ’n ewige verbond met Abraham aangegaan. “Ek sal vir jou ’n God
wees en jy en jou nageslag moet My dien.” Daardie verbond het Hy weer met
Abraham se nageslag bevestig by Sinai. Hy het aan Dawid belowe dat een uit
Dawid se nageslag vir ewig Koning sal wees. Dit is hierdie troue verbondsliefde
wat Dawid deur sy krisis gedra het.
Die
belofte van ’n ewige Koning het in Jesus Christus vir ons waar geword. In sy
diepste nood het Jesus Christus in bange Godverlatenheid uitgeroep:
“Eloï, Eloï,
lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Mat
15v34)
Hy
het dit gedoen sodat ons kan weet dat ons selfs in ons diepste krisis en nood
nooit alleen sal wees nie, omdat God daar by ons is. Deur
ons diepste nood en krisisse dra God se liefde ons, daardie liefde wat Hy vir
ons in Jesus Christus aan die kruis bewys het. Wanneer ons na die kruis kyk,
dan weet ons dat ons op die HERE se troue verbondsliefde kan vertrou.
Samevatting
Wanneer
ons in nood verkeer moet ons nie die fout maak om ons blind te staar teen die
omstandighede nie. Ons moet ons krisisse sien teen die wyer agtergrond van God
se liefdesdade teenoor ons. God se liefde wat ons so duidelik sien teen die
agtergrond van die kruisgebeure beteken nie dat ons nooit in ’n krisis sal
beland nie. Dit beteken wel dat wanneer ons daarin beland dat sy troue
verbondsliefde ons daardeur dra.
Wanneer
ons dus in ’n krisis beland moet ons weet dat ons, ons nood voor die HERE se
voete mag kom neerlê. Ons mag vir Hom vra om uitkoms te gee en ons moet weet
dat sy liefde ons daardeur sal dra net soos Hy ons in die verlede gedra het.
Hou dus vas aan die wete dat Die HERE se troue verbondsliefde ons optel wanneer
ons in wanhoop verval.
Amen




