Skrif: 1
Joh. 2v28 – 3v9
Teksverse
Jes. 43 v 1; Ps. 139 v 14 Joh. 1 v 12 & 1 Joh. 3 v 1
Ons
raak so vasgevang in die loop van ons alledaagse lewe dat ons afgestomp raak
oor wie ek werklik is. Die ou duiwel buit hierdie situasie uit, want dit is
juis dan dat hy kom met sy aanval.
Hy
probeer jou oortuig dat jy nie goed genoeg vir God is nie. God gee nie vir jou
om nie want jy het nie waarde vir Hom nie. Jy beteken niks vir God nie want as
God vir jou omgegee het sal jy nie so swaar gekry het nie. Moenie daardie leuen
glo nie! Dis nie waar nie!
Daar
is een behoefte by alle mense wat jou hele lewensbestaan bepaal. Ek wil iets
beteken in die lewe. Elke mens soek aanvaarding. Wat gee aan my lewe betekenis?
Daar is ’n soeke by elke mens na iets dieper as net die dag tot dag bestaan.
Waar kom ek vandaan? Hoekom is ek hier? Maak my lewe saak?
Het
my lewe waarde en as dit waarde het, wat gee aan my lewe waarde?
?
Is dit my voorkoms?
?
Is dit die mense wat ek ken?
?
Is dit waar ek werk en wat
my posisie daar is?
?
Is dit die voertuig wat ek
bestuur?
?
of is die handelsmerk van
die klere wat ek dra?
Wat
gee aan my lewe waarde?
Die
antwoord op hierdie vraag bepaal my lewe want ek wil hê dat my lewe waarde moet
hê en daarom sal ek dit najaag wat na my mening aan my lewe waarde gee.
Die
ou duiwel probeer ons wysmaak dat bogenoemde goed aan my lewe waarde gee. My
status, my voorkoms, my besittings. Dit wat in die oë van mense vir my aansien
gee in die lewe. Die ou duiwel se grootste leuen, as jy net eers ’n miljoenêr
is dan sal jy gelukkig wees want mense sal dan opkyk na jou.
In
Psalm 139 v 14 sê die Here vir ons waarom ons waardevol is.
Ek wil U loof, want U het my
op ’n wonderbaarlike wyse geskep.
God
wat die hemel en die aarde geskep het, het my ook geskep (Ps. 139v15)
Dit weet ek seker: geen been
van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe
ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog
ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore
is.
Ons verwys so maklik na God wat die hemel en die aarde geskep het. Verstaan ons werklik die wonder van sy skepping? Kom ons staan net ’n oomblik stil om te kyk hoe groot God se skepping werklik is:
God
wat dit geskep het, het my ook gemaak! Hy gee om vir my omdat Hy my liefhet. Hy
gee nie om watter motor ek bestuur of watter posisie ek in die samelewing
beklee nie. God het die eenvoudigste mens net so lief soos die mees
vooraanstaande persoon in die samelewing. By God is daar nie belangrike en
minder belangrike mense nie. Luister na wat Hy in Jes. 43 v 1 vir ons sê:
Luister, so sê die Here wat
jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek
verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.
In 1
Joh. 3 v 1 sê Hy vir ons:
Kyk watter groot liefde die
Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.
In 1
Joh. 3 v 16 hoor ons presies wat die liefde van God behels:
Hiéraan weet ons wat liefde
is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê.
Verstaan
jy hoe lief God jou het? Hy het jou so lief dat Jesus sy lewe vir jou afgelê
het! Moenie die satan se leuen glo dat jy nie goed genoeg is vir God nie.
Hoe
weet ek dat ek ’n kind van God is?
In
Joh. 1 v 12 & 13 sê die Here vir ons:
aan almal wat Hom aangeneem
het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle
is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n
man nie, maar hulle is uit God gebore.
Omdat
God ons so liefhet verander Hy ons lewens. Die Heilige Gees maak God se liefde
’n werklikheid in my lewe. Dis nie meer haat en afguns wat my lewe beheer nie.
God se liefde beheer nou my lewe en daarom begin ons nou uit liefde lewe. Die
liefde wat in jou lewe teenwoordig is (al is dit ook hoe min), is jou bewys dat
God se liefde besig is om in jou te werk. (1 Joh. 3 v 14)
Ons weet dat ons klaar uit
die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie
liefhet nie, bly in die dood.
Dis
God se liefde wat aan jou lewe waarde gee en daarom wil Hy hê dat daar al hoe
meer van sy liefde in jou lewe moet inwerk. Daarom sê Hy vir ons in 1 Joh. 2 v
28:
En nou, liewe kinders, julle
moet in Hom bly
Hoe
bly ons in Hom? Spandeer tyd saam met God. Spandeer tyd in sy Woord. Spandeer
tyd in gesprek met Hom deur gebed en ervaar sy liefde.
Die
Here verseker ons dat Hy ons liefhet. Hy wat die hemel en die aarde geskep het,
het ons ook geskep en daarom maak Hy moeite met ons, want Hy het ons oneindig
onvoorwaardelik lief.
Daarom
verseker Hy ons dat ons sy kinders is, elkeen wat in Jesus Christus glo kan aan
hierdie belofte en troos vas hou. Moenie meer vanuit die satan se leuen lewe
dat God jou nie liefhet nie. Hou in geloof vas aan God se liefde in Jesus Christus
en leef vanuit daardie liefde. Laat God se liefde beheer van jou lewe oorneem.
Amen




