`n Reeks oordenkings oor gebed
Die volgende oordenking:
Gebed 02 - Wat is die vereistes van 'n opregte gebed?
Ps. 50 v 14 & 15
Lof
is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die
Allerhoogste. Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy
sal My eer.”
Gebed is 'n baie belangrike deel van 'n gelowige se
dankbaarheidslewe. 'n Kind van God moet met sy Vader praat. Elkeen wat in Jesus
Christus glo is 'n kind van God soos wat ons hoor in Joh. 1 v 12 & 13: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié
wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit
nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man
nie, maar hulle is uit God gebore.”
Wanneer jy bid word jy opnuut bewus van God se genade en
hoe die Heilige Gees deel is van jou lewe. In Mat. 7 v 7 & 8 hoor ons: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en
julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra,
ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”
Gebed gaan nie daaroor dat ons God gebruik om te kry wat
ons wil hê nie. Deur gebed kom jy opnuut tot die besef dat jy God in jou lewe
nodig het.
Moenie jou gebedslewe afskeep nie.
Amen
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking