`n Reeks oordenkings oor
gebed
These medetations
are also available in English
Die 1ste
oordenking: Gebed 01 - Hoekom moet 'n gelowige bid
Die vorige
oordenking: Gebed 05 - Ons Vader wat in diehemel is
Die volgende oordenking: Gebed 07 - Laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel
Gebed 06
Laat U Koninkryk kom
Markus 1 v 14 & 15
Nadat
Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die
evangelie van God verkondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die
koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”
1.
Onderwerping van onsself aan God se heerskappy
Die koms van die Koninkryk begin by onsself en daarom
moet ons bid dat God ons so deur sy Woord en Gees sal regeer dat ons, ons hoe
langer hoe meer aan Hom sal onderwerp.
Onthou, elk gelowige is een van die lewende boustene van
Jesus se kerk. In hierdie bede is daar dus ook 'n versugting, naamlik: bewaar U
kerk teen sy vyande (dit wil sê ons eie sondige natuur, die wêreld en die
aanslae van satan) en laat dit groei deur die verkondiging van die evangelie.
Met hierdie bede vra ons dus ook spesifiek dat God die
werke van die duiwel (dit wil sê die groot teenstander van God wat teen Hom en
sy Kerk stry met bedrog en leuens) asook elke mag wat teen God opstaan, sal
vernietig.
Hierin is ook ons versugting en verlange na die volmaakte
staat van heerlikheid by die voleinding.