Spr. 1 v 8 & 9 lees Spr. 1 v 8 - 19
My
seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou
moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos ’n krans jou
kop en ’n kettinkie jou hals.
This devotional is also available in English
Bybelspreuke maak God se wil bekend net soos die profete
dit met Goddelike uitsprake doen en net soos die priester dit doen deur God se
wet en sy voorskrifte aan die volk voor te hou.
Iemand het op 'n keer gesê: “As jy dus wysheid oor God se
wil, wil leer, lees elke dag 'n hoofstuk uit Spreuke.” Daar is 31 hoofstukke,
dus 'n hoofstuk vir elke dag van die maand.
Spreuke leer ons op 'n baie praktiese wyse, voete op
grond oor hoe God wil hê dat ons moet lewe. So leer ons in vandag se gedeelte Spreuke
1 v 8 – 19 dat jy mooi moet besin oor jou jou lewenskeuses. Die praktiese
voorbeeld wat hier gebruik word is die keuse om te roof en te moor. Moenie
verlei word deur aanloklike praatjies om daaraan deel te neem nie, want dit
beroof jou van jou gewete. Jou gesondheid en selfs jou lewe kan in die slag
bly. Hierdie geld natuurlik vir enige onreg wat in die lewe gepleeg word. Dit
het op die uiteinde net nadelige gevolge.
Ons sondige natuur wil graag bogenoemde verkeerde keuses
maak. Om die regte keuse te maak, moet jy soek na die wil van God. Jy kan dit
alleen doen wanneer jy in Jesus Christus glo as jou enigste Verlosser en Saligmaker
sodat jy deur die Heilige Gees weer gebore kan word.
Wees 'n kind van die HERE. Bely dat jy verlore is weens
jou sonde en elende. Glo dat Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker is. Luister
na en leef volgens die voorskrifte van jou Vader in die hemel.
Amen
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking