Wys tans plasings met die etiket Wysheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Wysheid. Wys alle plasings

20 Januarie 2021

Luister na en leef volgens die voorskrifte van jou Vader in die hemel

 Spr. 1 v 8 & 9 lees Spr. 1 v 8 - 19

My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos ’n krans jou kop en ’n kettinkie jou hals.

 This devotional is also available in English


Bybelspreuke maak God se wil bekend net soos die profete dit met Goddelike uitsprake doen en net soos die priester dit doen deur God se wet en sy voorskrifte aan die volk voor te hou.

 Iemand het op 'n keer gesê: “As jy dus wysheid oor God se wil, wil leer, lees elke dag 'n hoofstuk uit Spreuke.” Daar is 31 hoofstukke, dus 'n hoofstuk vir elke dag van die maand.

 Spreuke leer ons op 'n baie praktiese wyse, voete op grond oor hoe God wil hê dat ons moet lewe. So leer ons in vandag se gedeelte Spreuke 1 v 8 – 19 dat jy mooi moet besin oor jou jou lewenskeuses. Die praktiese voorbeeld wat hier gebruik word is die keuse om te roof en te moor. Moenie verlei word deur aanloklike praatjies om daaraan deel te neem nie, want dit beroof jou van jou gewete. Jou gesondheid en selfs jou lewe kan in die slag bly. Hierdie geld natuurlik vir enige onreg wat in die lewe gepleeg word. Dit het op die uiteinde net nadelige gevolge.

 Ons sondige natuur wil graag bogenoemde verkeerde keuses maak. Om die regte keuse te maak, moet jy soek na die wil van God. Jy kan dit alleen doen wanneer jy in Jesus Christus glo as jou enigste Verlosser en Saligmaker sodat jy deur die Heilige Gees weer gebore kan word.

 Wees 'n kind van die HERE. Bely dat jy verlore is weens jou sonde en elende. Glo dat Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker is. Luister na en leef volgens die voorskrifte van jou Vader in die hemel.

Amen


19 Januarie 2021

Wysheid begin met die dien van die Here.

 Spr. 1 v 7

Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

This devotion is also available in English



Hoe word mens regtig wys en verstandig? Wysheid begin deur noukeurig te luister na die Woord van die HERE en dit dan jou eie lewenswyse te maak.

 Jy kan alleen hierdie wysheid bekom deur die Evangelie van Jesus Christus te glo. Deur te erken dat jy vanweë jou sonde en ellende verlore is en te glo dat jy daarvan verlos is op grond van Jesus Christus se offer aan die kruis en dan te begin leef vanuit hierdie genade van God.

 Wysheid begin met die dien van die Here.

Amen