15 Maart 2015
GKE
Mar
14:26-31 : Petrus se voortvarendheid – Voortvarende oppervlakkige Christene
Teksvers
Mar 14:29
Luk. 22:54-62: Petrus se verraad & berou – Die
dieptepunt van my sonde en ellende.
Teksvers
Luk. 22:62
Joh.
21:15-19 Petrus ontvang vergifnis - God se genade
Teksvers Joh. 21:19
Sing
Lofsang: Ps. 8 v 1 & 4 (OAB)
Na
wet: Ps.
91 v 1 & 3 (OAB)
Na
gebed Ps. 86 v 1 & 3 (OAB)
Tydens
Nagmaal Ps. 23 v 3 & Ps. 116 (OAB)
Slotsang Ps. 18 v 1 & 2 (OAB)
Inleiding
Die
verhaal van Petrus is kenmerkend van ons lewens saam met ons Here. Dit is ’n
verhaal van bittere teleurstelling. ’n Verhaal van hartseer. ’n Verhaal van
vergifnis. ’n Verhaal van ’n nuwe lewe saam met ons Here.
Voordat
hy Jesus ontmoet het was Petrus ’n eenvoudige visserman sonder enige
geleerdheid. Sy ontmoeting met Jesus verander sy hele lewe. Hy het ’n nuwe mens
met nuwe doelwitte en prioriteite geword. Hy het egter nie ’n volmaakte mens
geword nie, maar het nog altyd Simon Petrus gebly.
Simon
die seun van Johannes,
Simon
die voortvarende een.
Simon
die een wat eers gedoen en dan gedink het.
Simon
die een wat Jesus in sy uur van nood en benoudheid bitter teleurgestel het
.
Wanneer
ons na die lewe van Petrus kyk dan sien ons, ons eie lewens saam met die Here
raak. Alhoewel ons ontmoeting met die Here ’n nuwe mens van ons gemaak het, bly
ons nog steeds wie ons is. Die Here verander nie ons persoonlikheid en menswees
nie. Hy gebruik dit in sy diens. Ons het nie nou skielik volmaakte mense geword
na ons ontmoeting met die Here nie. Wat wel verander is dat ons nou nuwe
doelwitte en prioriteite in ons lewens het.
In
ons voorgelese gedeeltes hoor ons dat daar drie fases in Petrus se lewe saam
met Christus was.
1)
Die eerste fase was die tyd van sy voortvarendheid.
Kom ons noem dit die fase van voortvarende oppervlakkige
Christenwees.
2)
Die tweede fase is Petrus se verraad & berou.
Kom
ons noem dit die dieptepunt van my sonde en ellende.
3)
Die derde fase is waar Petrus vergifnis ontvang.
Kom ons noem dit God se genade in ons
lewens.
Petrus
se voortvarendheid – Voortvarende oppervlakkige Christene
Nadat
Jesus sy dissipels van sy dood en opstanding vertel hoor ons in Mar 14:29 hoe
Petrus ewe selfvoldaan verklaar:
“Al sal hulle ook almal van U afvallig word, ek sal
nie.”
Kenmerkend
van Christene wat in hierdie fase is, is ’n selfvoldane trotsheid. Dis tipies
daai houding van die Fariseër wat saam met die tollenaar gebid het soos ons
hoor in Luk 18:11 & 12:
O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is
nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas
twee keer in die week en ek gee ’n tiende van my hele inkomste.’
Dis
die Christene wat baie maklik hulle medebroers en susters veroordeel omdat
hulle manier van aanbidding nie volgens hulle oordeel korrek is nie.
Hoe
maklik beland ons self nie ook daar nie? My lewe is reg, kyk maar self hoe
goeie lewe ek ly! As die ander in die gemeente maar net soos ek kon wees soos
Petrus verklaar, “al sal hulle ook, ek sal nie!”
’n
Christen met so ’n houding en gesindheid is nie baie bruikbaar in God se
koninkryk nie en doen selfs die koninkryk skade aan deur mense af te sit met
hulle arrogansie en selfvoldaanheid. Die Here waarsku ons ook inderdaad
daarteen soos ons hoor in 1 Kor. 10:12:
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy
nie val nie.
Dit
is inderdaad wat ook met Petrus gebeur het soos ons in die volgende deel van sy
verhaal hoor.
Petrus
se verraad & berou – Die dieptepunt van my sonde en ellende
Kan
u, uself indink hoe Petrus gevoel het toe hy opkyk en hy kyk in die hartseer oë
van Jesus vas? Ons hoor so ietsie daarvan in Luk 22:62:
En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.
Dit
was nie maar net ’n oppervlakkige berou nie. Dit wat ons so maklik doen wanneer
ons met ons sonde gekonfronteer word: ja ek het dit of dat gedoen, maar ...... en dan voer ons allerlei verskonings aan om
ons sondige gedrag te regverdig. Hierdie oppervlakkige berou is nog steeds deel
van die voortvarende oppervlakkige Christen!
Petrus
het ’n diepe berou gehad waar hy in absolute wanhoop besef het wat sy sonde aan
die Here gedoen het. Geliefdes, het u al opgekyk en die pyn en hartseer in
Jesus se oë raakgesien? Besef ek werklik die erns van my sonde wat ek daagliks
teenoor die Here begaan? Is ek al op daardie punt dat ek vra: “hoekom doen die
Here nog moeite met my?”
Geliefdes,
voordat ek nie die dieptepunt van my sonde ellende ervaar nie Voordat dit my
nie aan my hart gryp nie, voordat ek nie op daai punt is waar ek besef wat het
ek nou gedoen nie, sal ek nooit werklik die diepere betekenis van God se genade
ervaar nie. Ek sal nie werklik verstaan wat Jesus aan die kruis vir my
deurgemaak het nie.
Het
ek al soos Petrus buitentoe gegaan en bitterlik gehuil oor my sonde en ellende?
Is ek op daai punt waar ek in absolute wanhoop oor my sonde treur? Is daar by
my daai absolute sielesmart oor die elende wat my sonde aan ander mense gedoen
het?
Nie
die oppervlakkige spyt wat eintlik daaroor gaan dat ek jammer is omdat ek
uitgevang is nie, maar daardie diepe berou oor my lewe? Sien ek die hartseer in
Jesus se oë raak en gryp dit my aan die hart? Dis wat verootmoediging is. Daardie
diepe besef in my dat ek nie die mens is wat ek graag wil wees nie. Dat ek nie
die goeie mens is wat ek so graag aan ander voorhou om te wees nie.
Het
ek al soos Petrus buitentoe gegaan en bitterlik gehuil oor my sonde en ellende?
Wanneer ek op daardie punt kom is ek reg vir die genesende salf van God se
genade. Dit bring ons by die derde deel van Petrus se verhaal:
Petrus
ontvang vergifnis - God se genade
Petrus
het Jesus langs ’n vuur verloën en nou langs ’n vuur ervaar Petrus die helende
salf van God se genade. Drie maal vra die Here vir Petrus of hy Hom liefhet en
driemaal antwoord Petrus positief. Wanneer Jesus vir Petrus vra of hy Hom liefhet,
vra Hy vir Petrus of hy lojaal teenoor Jesus is en of hy bereid is om homself
op te offer. Die derde maal antwoord Petrus deur middel van totale onderwerping
wanneer hy erken dat Jesus alles weet.
Petrus
het Jesus regtig lief, hoe skeef en krom sy optrede ook al is. Hy ken Jesus en
het Hom werklik lief, al is sy menslike pogings vol gebreke. Jesus verwyt nie.
Hy beskuldig nie. Hy vra: Het jy my waarlik lief????????? Dis die vraag wat
elkeen van ons vanoggend moet beantwoord: “het ek Jesus waarlik lief?”
Die
wonder van God se genade is dat Hy nie verwag dat ons volmaak moet wees voordat
ons in sy diens kan staan nie. Al is ons menslike pogings ook krom en skeef, het
Hy ons onvoorwaardelik lief. Daarom moet ons nie by die dieptepunt van ons
sonde en ellende in wanhoop bly vassteek nie. My diepe berou bring my by die
wonder van God se genade waar ek waarlik sy liefde ervaar.
Jesus
sluit sy gesprek met Petrus af met die opdrag “Volg My!” En ja dit is nie altyd
’n maklike pad om Jesus te volg nie soos Hy Petrus ook gewaarsku het. Maar dit
is die moeite werd want dit sal jou lewe verander!!!!
Alhoewel
die pad moeilik is, is ons nie alleen nie. Die Heilige Gees is daar om ons oor
die pad te help. Ons doen dit nie in eie krag nie, maar in sy krag. Al wat ons
moet doen is om te bid en die Here waarborg ons dat Hy ons gebed sal verhoor. As
ek tot die Here bid “Here help my om U te volg, waar U ook al gaan”, dan sal Hy
dit doen! Maak nie saak wat in my verlede lê nie, daar is vir my ’n nuwe begin
by Jesus.
Hy
sê vir ons “Volg My!”
Kom
ons volg Hom!
Amen
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking