This devotional is also available in English
Waar
sal my hulp vandaan kom?
Psalm 121 v 1 & 2
’n
Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My
hulp kom van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
Waar gaan soek jy hulp wanneer die lewe te moeilik word?
Die pelgrims wat op pad was na Jerusalem was bang vir die gevare langs die pad. Hierdie Psalm is 'n gebed wat uiting gee aan die vaste hoop en vertroue dat God hulle dag en nag sal beskerm.
1. Hy
is die ewige God wat van altyd af bestaan.
Hy is die begin en die einde, die Alfa en die Omega.
2. Hy
is 'n God van verhoudings.
Hierdie Naam van God word net in die Bybel gebruik wanneer God se persoonlike
verhouding met sy mense ter sprake is
3. Hy
is altyd met ons.
God is persoonlik betrokke in mense se lewens. Hy is nie 'n veraf God nie.
4. Hy
is die onveranderlike God wat altyd dieselfde is.
5. Hy
is volkome heilig en verhewe bo die mensdom.
6. Hy
is getrou aan sy ewige verbond.
Toe God sy verbond (Ek sal vir jou 'n God wees en jy en jou nageslag moet my
volk wees) met Abraham gesluit het, het Hy homself as Yahweh voorgestel en
daarmee het Hy beloof dat Hy altyd getrou sal wees aan sy beloftes.
7. Hy
is vol misterie wat nooit te volle geken kan word nie.
Ons kan God nooit ten volle ken nie, maar wat ons nodig het om van Hom te weet,
openbaar Hy deur sy Gees in sy Woord vir ons. Alhoewel ons Hom nooit ten volle
kan ken nie, kan ons groei in ons verhouding met Hom.
In die Nuwe Testament hoor ons nog verder wat “EK IS” beteken. Jesus stel Homself voor as “EK IS”.
Die sewe “EK IS”
uitsprake van Jesus:
1. Ek
is die brood van die lewe. Joh. 6 v 35
Net soos wat brood jou liggaam voed, is Jesus die Brood wat jou geestelik voed.
2. Ek
is die lig vir die wêreld. Joh. 8 v 12
Jesus is die Lig wat die duisternis van die sonde verdryf. Hy bring hoop en
ewige lewe vir elkeen wat in Hom glo.
3. Ek
is die deur vir die skape. Joh. 10 v 7
Jesus is die enigste weg na God toe.
4. Ek
is die goeie herder. Joh. 10 v 11
Jesus is die herder van sy skape, sy eiendom. Hy sorg vir sy skape en maak
seker dat hulle alles kry wat hulle nodig het. Hy dra die belange van sy kudde
op die hart en Hy dra die volle verantwoordelikheid van hulle. Hy lê sy lewe
vir sy skape af. Christus het sy lewe opgeoffer sodat elkeen wat in Hom glo kan
lewe.
5. Ek
is die opstanding en die lewe. Joh. 11 v 25
Jesus het die mag van die dood met sy opstanding gebreek. Met ander woorde Hy
is magtig om ook aan elke sondaar lewe uit die dood te gee.
6. Ek
is die weg, die waarheid en die lewe. Joh. 14 v 6
Jesus is die weg na die ware ewige lewe. Werklik lewe kan net by Jesus gevind
word.
7. Ek
is die ware wingerdstok. Joh. 15 v 1
Ons is die lote wat voortspruit uit hierdie wynstok en word gesnoei sodat ons
vrug kan dra. Deur die swaarkry in die lewe waar jy deur die skerp lem van die snoeiskêr
gesnoei word laat Hy dit wat seer is ook ten goede meewerk in jou lewe.
Waar gaan soek jy hulp wanneer die lewe te moeilik word? Gaan soek jou hulp by “EK IS” wat jou oneindig liefhet.
Hy het sy Seun, (die waaragtige God wat ter wille van jou mens geword het) gestuur, sodat jy kan lewe omdat Hy jou so lief het
Amen
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking