Wys tans plasings met die etiket ewige lewe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ewige lewe. Wys alle plasings

22 Maart 2026

Nader aan God 01 - Wat beteken dit om jou lewenspad saam met God te loop

 Psalm 23

1 'n PSALM van Dawid.
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
2Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
3Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
4Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
6Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

God het ons geskep nie vir straf en oordeel nie, maar om in ’n intieme verhouding saam met Hom te leef. Met die sondeval het die verhouding tussen God en die mens verwronge geraak, maar in sy groot troue verbondsliefde het God in Christus herstel gebring en dit is die wonderlike hoop wat God vir ons bring.

Die antwoord op wat mens te doen staan wanneer die lewe druk of daar waar jy sukkel op jou geloofspad en dit vir jou voel of God ver is en jy dalk bietjie begin wegdryf het, is nie om harder te probeer nie. Die antwoord is om nader aan God te beweeg. Ons gaan met die volgende paar preke bietjie stilstaan by wat dit beteken om nader aan God te beweeg. Vandag gaan ons stilstaan by wat dit beteken om jou lewenspad saam met God te loop aan die hand van Psalm 23 en die tema van vandag se preek is:

’n lewe van oorvloed saam met God

Psalm 23 beskryf die lewenspad wat ’n gelowige saam met God loop van die begin af tot en met die eindbestemming van jou lewe. Let wel, ek het NIE gesê van die begin tot by jou dood nie, want vir iemand wat in Jesus glo, is die dood nie die eindbestemming nie! ’n Gelowige se eindbestemming is sy ewige tuiste saam met God.

Psalm 23 begin met ’n belydenis: “Die Here is my Herder.” Wanneer ons hierdie belydenis saam met Joh. 10:14 & 15 lees dan sien ons hoe spesiaal dit is:

“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

Deur jou geloof in Jesus Christus begin jou lewe van oorvloed saam met God. Jou geloof in Jesus Christus gee vir jou die versekering dat jy nie meer alleen is nie.

In Psalm 23:2 en 3 hoor ons so ietsie van wat dit beteken om jou lewenspad saam met God te stap.

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Letterlik staan daar dat die Herder sy skape bring na ’n plek waar die weiding sag en voedsaam is. Op jou lewenspad saam met God, sorg Hy vir jou met wat die heel beste is vir jou. Verder bring Hy jou na ’n plek wat tot rus lei. Hy “verkwik jou siel” met ander woorde dit gaan oor baie meer as net rus van moegheid. Hy herstel die lewenskrag van jou siel en gemoedsrus.

Alles wat jy het, kos klere, blyplek jou vaardighede en gawes kom alles uit die hand van God. Dit wat jy het, het jy omdat God dit vir jou gegee het. En nog meer. Al die mooi en vreugde in jou lewe kom net van God af en wanneer ons terugkyk na ons lewens en ons sien die goed en mooi en voorspoed wat daar was, dan kan ons weet dit was daar omdat God dit vir ons gegee het.

En dan sien ons ook dat die pad wat ons lewens verloop het, is die “regte” pad wat God vir ons uitgelê het. Ons lewens verloop nie altyd soos wat ons beplan en dink nie, maar wanneer ons terug kyk dan sien ons dat die pad wat God vir ons uitgelê het, tog maar die beste was.

Die lewe is egter nie altyd net maklik en mooi nie. In Ps. 23:4 kry ons die wonderlike troos dat selfs daar waar die lewe donker word, dit juis daar is waar die Here ons vashou en beskerm.

Ons sien in die verskillende vertalings dat die vers effens anders vertaal word. Byvoorbeeld in die 20/20 vertaling is die vertaling: “Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan” teenoor die OAV 33/53 Vertaling, wat vertaal word met: “Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee”. Albei vertalings is reg en dit dui op die nuanse van die oorspronklike Hebreeuse teks.

Aan die een kant is die betekenis dat dit dui op donkerste, gevaarlikste deel van die pad waardeur die skape moet gaan om by weiding uit te kom. Die stok wat die herder met hom saamgedra het, was ’n stewige knuppel waarmee hy die skape teen roof en ongediertes beskerm het wat hulle bedreig het en sy staf was daar stok met sy krom punt waarmee die herder gelei en die pad aangedui het. As ’n skaap bietjie afgedwaal het, het die herder hom met daardie krom punt terug gelei op die regte pad weg van gevaar af.

Dit skep vir ons ’n mooi beeld hoe die Here saam met ons deur die donker dieptes van die lewe gaan en dat ons nooit alleen is daarin nie. Die verdere troos is die versekering dat Hy ons beskerm en lei wanneer die lewe swaar raak.

Wat ook so mooi is van Psalm 23, is hoe Dawid hier waar die lewe moeilik raak baie meer persoonlik raak. Tot hiertoe het gepraat van God en hoe God hom deur sy lewe gelei en beskerm het. Maar hier waar die lewe donker raak praat hy nie meer van God nie. Hy praat nou persoonlik met God waar hy sy vertroue teenoor God uitspreek “ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my”

Wanneer jy jou lewenspad saam met God stap, is die troos dat God intiem naby is, veral daar waar die pad op sy swaarste en donkerste is. Dit is waar Hy jou dra wanneer jy nie meer kan nie. En wanneer ons terug kyk dan sal elkeen van ons kan getuig hoe die Here jou gedra het daar waar die lewe donker was.

Die Hebreeuse teks in Ps. 23:4 dra ook die nuanse van die diepste donker van die dood en daarom is die 33/53 Vertaling daarvan dan ook “Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie”.

Daar is een ding wat seker is in hierdie lewe en dit is dat elkeen op God se bepaalde tyd liggaamlik sterf. En dit is hier waar die troos van Psalm 23 so duidelik na vore kom.

In Joh. 10:15b hoor ons Jesus sê: “en Ek lê my lewe af vir die skape.” Ter wille van ons het Jesus alleen deur die donker vallei van die dood gegaan. Hy het niemand gehad wat Hom beskerm en vertroos het nie. Hy het dit ter wille van ons gedoen op grond van God se onbeskryflike liefde vir ons. Hy het in ons plek die Godverlatenheid deurgaan wat ons sonde verdien het.

Die geweldige troos is dat Hy die mag van die dood gebreek het met sy opstanding en dit is ons waarborg dat elkeen wat in Jesus Christus glo nie alleen deur die donker vallei van die dood gaan nie. Dit gee vir ons die waarborg dat die dood nie meer die verskrikking van Godverlatenheid vir ons inhou nie.

Ps. 23:5 & 6 gee dan ook vir ons so kykie wat anderkant die dood vir ons wag. Hier verander die beeld van ’n herder wat sy skape versorg en beskerm na ’n gasheer wat sy gas in oorvloed onthaal.

In die antieke Nabye Ooste was gasvryheid 'n heilige plig. As God jou as gas aanvaar, is jy onder Sy beskerming. Om te eet "in die teenwoordigheid van vyande" beteken dat die vyande gedwing word om toe te kyk hoe God jou eer en beskerm; hulle kan niks doen nie omdat die Gasheer te magtig is.

Olie is by feeste gebruik om die droë vel te verfris en as simbool van verheffing en vreugde en dit dui daarop dat die Here sy gas met waardigheid en koninklike guns beklee. Die beker wat oorloop simboliseer dat God se genade nie bereken of suinig is nie, maar oorvloedig meer as wat nodig is.

Wanneer ’n gasheer ’n gas onthaal het, het die gasheer letterlik sy gas se beker dopgehou om seker te maak dat hy dit kon volhou en dit het vir die gas gesê dat hy welkom is. Hier hoor ons dat die beker nie volgehou word nie. Dit word tot oorlopens tóé volgehou en dit sê vir ons dat die gas nie net welkom is nie. Die Gasheer sê vir ons dat Hy nie wil hê dat ons moet weggaan nie. Ons moet permanent by Hom bly en dit is waarmee Ps. 23:6 dan ook afsluit:

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Dit sluit dan ook perfek aan by die groot troos van Open. 21:3&4

Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

Hoor u die geweldige troos hier geliefdes? Die dood wat eens as opperheerser geheers het oor die lewens van mense is nou finaal oorwin en dit het nie meer ’n houvas op gelowiges nie.

Luister ook na die verdere troos wat ons hoor in Open. 21:22

'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.

Die huis wat vir ons wag anderkant die donker vallei van die dood is nie ’n gebou nie, maar die onbeskryflike heerlike teenwoordigheid van God saam met wie ons, ons lewenspad gestap het en dit is die troos wat die Here gee vir elkeen wat in Jesus Christus glo as sy enigste Verlosser en Saligmaker.

Elkeen wat glo, ontvang nou reeds hier op aarde die oorvloed van die ewige lewe waar ons saam met God op pad is na die ewige heerlike waar die dood finaal vernietig sal wees sonder trane hartseer of pen en lyding.

Amen

21 Maart 2026

’n lewe van oorvloed saam met God

Psalm 23

1 'n PSALM van Dawid.

Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Psalm 23 beskryf die lewenspad wat ’n gelowige saam met God loop van die begin af tot en met die eindbestemming van jou lewe. Let wel, ek het NIE gesê van die begin tot by jou dood nie, want vir iemand wat in Jesus glo, is die dood nie die eindbestemming nie! ’n Gelowige se eindbestemming is sy ewige tuiste saam met God.

Psalm 23 begin met ’n belydenis: “Die Here is my Herder.” Wanneer ons hierdie belydenis saam met Joh. 10:14 & 15 lees dan sien ons hoe spesiaal dit is:

“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

Deur jou geloof in Jesus Christus begin jou lewe van oorvloed saam met God. Jou geloof in Jesus Christus gee vir jou die versekering dat jy nie meer alleen is nie.

In Psalm 23:2 en 3 hoor ons so ietsie van wat dit beteken om jou lewenspad saam met God te stap.

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Letterlik staan daar dat die Herder sy skape bring na ’n plek waar die weiding sag en voedsaam is. Op jou lewenspad saam met God, sorg Hy vir jou met wat die heel beste is vir jou. Verder bring Hy jou na ’n plek wat tot rus lei. Hy “verkwik jou siel” met ander woorde dit gaan oor baie meer as net rus van moegheid. Hy herstel die lewenskrag van jou siel en gemoedsrus.

Alles wat jy het, kos klere, blyplek jou vaardighede en gawes kom alles uit die hand van God. Dit wat jy het, het jy omdat God dit vir jou gegee het. En nog meer. Al die mooi en vreugde in jou lewe kom net van God af en wanneer ons terugkyk na ons lewens en ons sien die goed en mooi en voorspoed wat daar was, dan kan ons weet dit was daar omdat God dit vir ons gegee het.

En dan sien ons ook dat die pad wat ons lewens verloop het, is die “regte” pad wat God vir ons uitgelê het. Ons lewens verloop nie altyd soos wat ons beplan en dink nie, maar wanneer ons terug kyk dan sien ons dat die pad wat God vir ons uitgelê het, tog maar die beste was.

Die lewe is egter nie altyd net maklik en mooi nie. In Ps. 23:4 kry ons die wonderlike troos dat selfs daar waar die lewe donker word, dit juis daar is waar die Here ons vashou en beskerm.

Ons sien in die verskillende vertalings dat die vers effens anders vertaal word. Byvoorbeeld in die 20/20 vertaling is die vertaling: “Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan” teenoor die OAV 33/53 Vertaling, wat vertaal word met: “Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee”. Albei vertalings is reg en dit dui op die nuanse van die oorspronklike Hebreeuse teks.

Aan die een kant is die betekenis dat dit dui op donkerste, gevaarlikste deel van die pad waardeur die skape moet gaan om by weiding uit te kom. Die stok wat die herder met hom saamgedra het, was ’n stewige knuppel waarmee hy die skape teen roof en ongediertes beskerm het wat hulle bedreig het en sy staf was daar stok met sy krom punt waarmee die herder gelei en die pad aangedui het. As ’n skaap bietjie afgedwaal het, het die herder hom met daardie krom punt terug gelei op die regte pad weg van gevaar af.

Dit skep vir ons ’n mooi beeld hoe die Here saam met ons deur die donker dieptes van die lewe gaan en dat ons nooit alleen is daarin nie. Die verdere troos is die versekering dat Hy ons beskerm en lei wanneer die lewe swaar raak.

Wat ook so mooi is van Psalm 23, is hoe Dawid hier waar die lewe moeilik raak baie meer persoonlik raak. Tot hiertoe het gepraat van God en hoe God hom deur sy lewe gelei en beskerm het. Maar hier waar die lewe donker raak praat hy nie meer van God nie. Hy praat nou persoonlik met God waar hy sy vertroue teenoor God uitspreek “ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my”

Wanneer jy jou lewenspad saam met God stap, is die troos dat God intiem naby is, veral daar waar die pad op sy swaarste en donkerste is. Dit is waar Hy jou dra wanneer jy nie meer kan nie. En wanneer ons terug kyk dan sal elkeen van ons kan getuig hoe die Here jou gedra het daar waar die lewe donker was.

Die Hebreeuse teks in Ps. 23:4 dra ook die nuanse van die diepste donker van die dood en daarom is die 33/53 Vertaling daarvan dan ook “Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie”.

Daar is een ding wat seker is in hierdie lewe en dit is dat elkeen op God se bepaalde tyd liggaamlik sterf. En dit is hier waar die troos van Psalm 23 so duidelik na vore kom.

In Joh. 10:15b hoor ons Jesus sê: “en Ek lê my lewe af vir die skape.” Ter wille van ons het Jesus alleen deur die donker vallei van die dood gegaan. Hy het niemand gehad wat Hom beskerm en vertroos het nie. Hy het dit ter wille van ons gedoen op grond van God se onbeskryflike liefde vir ons. Hy het in ons plek die Godverlatenheid deurgaan wat ons sonde verdien het.

Die geweldige troos is dat Hy die mag van die dood gebreek het met sy opstanding en dit is ons waarborg dat elkeen wat in Jesus Christus glo nie alleen deur die donker vallei van die dood gaan nie. Dit gee vir ons die waarborg dat die dood nie meer die verskrikking van Godverlatenheid vir ons inhou nie.

Ps. 23:5 & 6 gee dan ook vir ons so kykie wat anderkant die dood vir ons wag. Hier verander die beeld van ’n herder wat sy skape versorg en beskerm na ’n gasheer wat sy gas in oorvloed onthaal.

In die antieke Nabye Ooste was gasvryheid 'n heilige plig. As God jou as gas aanvaar, is jy onder Sy beskerming. Om te eet "in die teenwoordigheid van vyande" beteken dat die vyande gedwing word om toe te kyk hoe God jou eer en beskerm; hulle kan niks doen nie omdat die Gasheer te magtig is.

Olie is by feeste gebruik om die droë vel te verfris en as simbool van verheffing en vreugde en dit dui daarop dat die Here sy gas met waardigheid en koninklike guns beklee. Die beker wat oorloop simboliseer dat God se genade nie bereken of suinig is nie, maar oorvloedig meer as wat nodig is.

Wanneer ’n gasheer ’n gas onthaal het, het die gasheer letterlik sy gas se beker dopgehou om seker te maak dat hy dit kon volhou en dit het vir die gas gesê dat hy welkom is. Hier hoor ons dat die beker nie volgehou word nie. Dit word tot oorlopens tóé volgehou en dit sê vir ons dat die gas nie net welkom is nie. Die Gasheer sê vir ons dat Hy nie wil hê dat ons moet weggaan nie. Ons moet permanent by Hom bly en dit is waarmee Ps. 23:6 dan ook afsluit:

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Dit sluit dan ook perfek aan by die groot troos van Open. 21:3&4

Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

Hoor u die geweldige troos hier geliefdes? Die dood wat eens as opperheerser geheers het oor die lewens van mense is nou finaal oorwin en dit het nie meer ’n houvas op gelowiges nie.

Luister ook na die verdere troos wat ons hoor in Open. 21:22

'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.

Die huis wat vir ons wag anderkant die donker vallei van die dood is nie ’n gebou nie, maar die onbeskryflike heerlike teenwoordigheid van God saam met wie ons, ons lewenspad gestap het en dit is die troos wat die Here gee vir elkeen wat in Jesus Christus glo as sy enigste Verlosser en Saligmaker.

Wanneer ons by die oop graf van ’n geliefde staan, is ons hartseer want haar plek in ons lewens is nou leeg, maar ons treur nie soos hulle wat geen hoop het nie. Ons het ’n lewende hoop van God wat ons lewenspad saam met ons stap deur die goeie en donker tye in ons lewens en ook dat Hy ons dra deur die donker vallei van die dood na ’n ewige heerlikheid saam met God, daar waar daar geen trane hartseer, pyn, lyding of dood meer sal wees nie.

Amen

11 Januarie 2026

Die krag van ʼn lewende hoop

Lees 1 Petrus 1

Teksverse: 1 Pet. 1 v 3-5

Inleiding

Geliefdes, wat maak dit moontlik om die lewe in die oë te kyk? Hoop! Die krag van lewende hoop wat jou staande hou wanneer jy binne die swaarkry en onsekerhede van die lewe vasgevang word.

Om die lewende hoop te verstaan waarvan die Here hier praat gaan ons na die volgende aspekte daarvan kyk:

1)         Wat is lewende hoop?

2)         Hoe kry jy lewende hoop?

3)         Wat beteken lewende hoop vir jou?

1) Wat is hierdie lewende Hoop?

Dit is anders as wat ons gewoonlik aan hoop dink. Wêreldse hoop werk op die basis dat jy die wens uitspreek dat iets goed sal afloop, maar daar is altyd die kans dat dit skeef kan uitloop en nie goed eindig nie. Byvoorbeeld, jy hoop dat jou span gaan wen, maar daar is altyd ’n kans dat hulle tog kan verloor.

Die uitkoms van wêreldse hoop is nie vas en seker nie. Wanneer jou lewe omgedop word en jy nie weet watter kant toe nie, dan sê die wêreld vir jou: “wees sterk. Hou net aan. Moenie dat dit jou onder kry nie.” Die probleem met hierdie raad is dat daar geen waarborg is dat dit jou lewe beter gaan maak nie.

Lewende hoop is anders soos ons hoor in
1 Pet 1 v 3 & 4

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.

Die lewende hoop is ons hoop op ‘n nuwe lewe saam met God. Die erfenis van die sondeval is die ewige dood. Nou gee God vir ons hoop van lewe i.p.v. dood. Dis nie ’n hoop van miskien sal dit gebeur nie. Dis die vaste sekerheid dat God teenwoordig is in jou lewe en dat jy nie alleen is nie.

Die lewende hoop van ’n nuwe lewe saam met God is geanker in Jesus se opstanding. Hy het die prys vir die sonde betaal met sy dood, maar nog meer. Hy het die dood oorwin. Jesus leef en daarom kan ons vashou aan sy belofte van ’n lewende hoop op ’n nuwe lewe saam met God.

Wêreldse hoop van ’n beter lewe dra geen waarborge nie. Daar is geen waarborg dat dit wat jy hoop, wel waar gaan word nie. Teenoor dit is daar God se lewende hoop wat vir jou ’n nuwe lewe saam met God waarborg. Daar is geen kans dat dit nie sal gebeur nie, want die waarborg daarvan is die lewende God wat die hemel en die aarde gemaak het.

2) Hoe kry jy lewende hoop?

Heel eenvoudig soos ons hoor in 1 Pet. 1:5

En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

En in 1 Pet. 1:8-9 hoor ons:

Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.

Jy moet glo!

Wat moet jy glo?

Jy moet glo dat Jesus uit die dood opgestaan het. Hoekom het Jesus gesterf? Hy het aan ’n vervloekte kruishout gesterf om die prys vir die sonde te betaal wat geen mens self kan betaal nie. Sonde het verwydering tussen God en mens gebring en omdat God lewe is, het sonde verwydering tussen die mens en lewe gebring. Met sy opstanding uit die dood het Jesus vir die mens die lewende hoop van lewe gebring.

Om daardie lewende hoop te kry moet jy glo dat Jesus Christus vir jou gesterf het en dat Hy vir jou die dood oorwin het. Jy moet glo dat Jesus Christus jou enigste Verlosser en Saligmaker is.

Maar hiermee saam is daar ’n belangrike punt wat jy moet verstaan. Jy hoef niks te doen om die lewende hoop te verdien nie. God gee dit vir jou, verniet! Ons hoor in 1 Pet. 1:3 “Hy (God) het ons die nuwe lewe geskenk.” En dis met jou geloof in Jesus Christus dat jy dit vasgryp.

Hiermee saam is hoor ons ook hoe groot God se genade werklik is. Selfs die geloof wat Hy vra, gee Hy vir ons deur die Heilige Gees. Ons hoor in 1 Pet. 23:

Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.

Weergebore, beteken dat God jou bring op ’n plek waar jy die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus Christus hoor. Die Heilige Gees verander jou en gee vir jou die geloof sodat jy sal glo dat Jesus jou so lief het, dat Hy sy lewe vir jou afgelê het en dat Hy die dood oorwin het sodat jy kan lewe.

God het jou lief en daarom gee Hy vir jou die lewende hoop van ’n nuwe lewe saam met Hom. Jy moet dit glo.

Glo julle dit, geliefdes?

3) Wat beteken lewende hoop vir jou?

In 1 Pet. 1:6 hoor ons dat lyding en swaarkry nog steeds ’n werklikheid is in hierdie lewe.

Lewende hoop beteken dat lyding nie kan keer dat jy nie die nuwe lewe saam met God kan leef nie. Verder beteken dit ook dat jy nie alleen staan teen die lyding van lewe nie, omdat God saam met jou is. God is daar by jou. Hy hou jou vas en wanneer dit nodig word dra Hy jou.

Wanneer jy jou lewenspad saam met God stap sal Hy keer dat lyding jou vernietig, want Hy gee vir jou die krag wat jy nodig het. Wanneer jy jou lewenspad saam met God stap dan maak lyding jou ook meer intens bewus van God se teenwoordigheid in jou lewe.

Verder beteken lewende hoop ook dat selfs die dood nie God se liefde in jou lewe kan wegvat nie. Die lewende hoop is ’n onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir ons in bewaring gehou word.

Ons hoef nie meer vir die dood bang te wees nie, want dit is nie die einde nie. Dit is alleen maar net ’n heerlike deurgang tot die ewige heerlik saam met God, daar waar daar geen lyding, dood, hartseer of pyn meer sal wees nie.

Dit is ook die troos wat die Here vir ons gee wanneer ons met die dood van ’n geliefde gekonfronteer word. Lewende hoop maak dit moontlik dat jy nie hoef te treur soos hulle wat geen hoop het nie. Ons treur oor ons geliefdes, maar ons doen dit met die wete dat lewende hoop ons waarborg dat die dood nie die einde is nie.

Lewende hoop beteken ook dat God sy liefde in jou ingeplant het soos ons ook in 1 Pet. 1:22 hoor:

Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê.

God gee sy liefde vir ons en nou vra Hy: “gaan leef My liefde teenoor mekaar uit.” Lewende hoop beteken dat ons inderdaad God se liefde kan leef. Dit beteken dat dit nie meer ons eie sondige natuur is wat ons lewens regeer nie, maar dat dit God se liefde is wat dit doen.

Slot

Wat maak dit moontlik om die lewe in die oë te kyk?

Hoop!

Dis die vaste sekerheid dat God teenwoordig is in jou lewe. Die sekerheid van die krag van die lewende hoop van ’n lewe saam met God wat jou staande hou wanneer jy binne die swaarkry en onsekerhede van die lewe vasgevang word.

Gryp daardie lewende hoop in geloof vas. Glo dat Jesus vir jou sondes aan ’n vervloekte kruis gesterf het en dat Hy met sy opstanding vir jou ’n nuwe lewe gegee het.

Lewende hoop beteken dat jy nie alleen staan teen die lyding van lewe nie, omdat God saam met jou is. Dit beteken ook dat jy nie vir die dood hoef bang te wees nie omdat dit slegs ’n deurgang is na die ewige heerlikheid saam met God.

Lewende hoop beteken dat God se liefde nou jou lewe bepaal en dat jy God se liefde kan uitleef.

Gryp die lewende hoop vas wat God jou gee en gaan leef dit!

Amen

14 Desember 2025

Jesus gee lewende water aan almal wat dors het

Joh. 4v1 – 42 Teksverse Joh. 4v10, 14 & 23-24 2020 Vertaling

Die verhaal van die Samaritaanse vrou by die put wys vir ons hoe Jesus ’n mens se lewe verander. Jesus is op pad van Judea af na Galilea toe en Hy “moes” deur Samaria gaan. Dit is nie omdat dit die beste of kortste pad was nie. Hy moes deur Samaria gaan want Hy het ’n afspraak met ’n vrou gehad wat deur die lewe eenkant toe gestoot is. Dit was ’n afspraak wat haar lewe verander het.

Hierdie vrou was op ’n plek in haar lewe waar sy eintlik nie wou wees nie. Sy pas nie binne die sosiale kringe in die dorp nie, want sy kom op die hitte van die dag water haal en nie vroeg oggend saam met die ander vroue nie. Verder het sy die lewe vir haarself nog moeiliker gemaak met die verkeerde keuses wat sy gemaak het.

En dan onverwags kom Jesus in haar lewe in met ’n versoek vir ’n bietjie water. Dit is egter ’n versoek wat die vrou bewus maak van ’n veel dieper dors as ’n fisiese dors na water.

So half onwillig word sy gelei om na binne te kyk, daardie selfondersoek wat ’n mens maar eerder wil vermy omdat dit ongemaklike waarhede aan die lig bring. Aanvanklik is sy so half ongeërg met Jesus: Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe is dit moontlik dat u wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water vra om te drink?”

Die Samaritane en die Jode het nie goed met mekaar oor die weg gekom nie omdat die Jode die Samaritane as tweede klas burgers behandel het omdat die Samaritane van gemengde afkoms was. Hulle was die nageslag van die Israeliete wat met die Assiriërs ondertrou het nadat dié hulle in Ballingskap weggevoer het.

Jesus laat Hom egter nie deur hierdie rassediskriminasie tussen die Jode en die Samaritane afsit nie. Sy antwoord bring die diepste nood van hierdie vrou na vore: “As jy van die gawe van God geweet het, en wie dit is wat vir jou vra, ‘Gee vir My water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het. ”

Die vrou verstaan egter nog nie werklik nie. Sy dink dit gaan nog steeds oor fisiese water en sy antwoord so half en half met ’n afjak. “Meneer, u het nie eers 'n skepding nie, en die put is diep. Waarvandaan kry u dan die lewende water? U is tog nie belangriker as ons vader Jakob nie, hy wat die put aan ons gegee het, en self daaruit gedrink het, en ook sy seuns en sy vee?”

Geliefdes is dit nie hoe dit ook maar in ons lewens gaan nie? Hierdie vrou het ’n behoefte na iets meer in die lewe as wat sy tans het. En dan kom die Here in haar lewe in en wys dit vir haar, maar sy sien dit nog nie raak nie. Hoeveel keer gryp die Here nie in ons lewens in en dan sien ons nie die werklike rede daarvoor raak nie?

Hoeveel maal sien ons net soos hierdie vrou net die fisiese materiële behoeftes raak, maar ons mis die geestelike behoeftes? Here help tog net asb. met hierdie probleem wat ek het. Laat dit asb. tog net beter gaan met my geldsake. Here as ek tog net ’n ander motor kan kry. As dit tog maar net beter met my gesondheid kan gaan. En so raak ons verstrengel in die oppervlakkigheid van die materialistiese hier en nou. Is ons slegs bekommerd oor die tydelike dinge in ons lewens, maar ons mis die dieper geestelike sake wat ewigheidswaarde het.

Jesus raak egter nie ongeduldig met die vrou nie. Hy verduidelik nog verder vir haar dat enige iemand wat maar net van hierdie fisiese water drink, dit wil sê vashaak by die wêreldse dinge maar net weer dors gaan kry. Solank as wat ons, ons geestelike dors met wêreldse dinge probeer les gaan dit nooit geles word nie.

Net die lewende water wat Jesus self vir ons gee kan daardie dors les. ...... wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom 'n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.

Wat is hierdie “lewende water” waarvan Jesus praat?

Dit is die ewige lewe en die geestelike vernuwing wat die Heilige Gees in mens werk.

Die lewende water wat Jesus verniet gee, het Hom baie duur gekos. Hy moes met sy lewe aan ’n vervloekte kruishout daarvoor betaal sodat ons kan lewe. Sodat ons in vrede met mekaar en in vrede met God kan leef. Sodat ons werklik by die dinge kan uitkom wat saak maak in die lewe deur vir mekaar om te gee.

Nou eers besef die vrou waarvan Jesus praat en sy vra vir Hom om vir haar van daardie water te gee. Voordat sy egter van die water kan kry moet daar nog iets gebeur. Sy moet eers haar eie hulpeloosheid vanweë haar sonde raaksien en daarom sê Jesus vir haar: “Gaan roep jou man en kom terug hierheen.”

Sy probeer nog wegskram deur te sê dat sy nie ’n man het nie, maar daar is niks wat ’n mens vir God kan wegsteek nie. Wanneer Jesus die volle werklikheid vir haar blootlê probeer sy nog ’n maal. Sy maak gebruik van die taktiek wat ons as kinders vervolmaak het. So binne die eerste vyf minute vra iemand vir die wiskunde onnie iets oor die naweek se rugby en voor jy jou oë kan uitvee is die periode om.

So probeer sy om die aandag van haarself af weg te lei met vraag oor waar daar aanbid moet word. Ons doen dit vandag nog geliefdes. So neem ons ook die fokus van Jesus af weg deur ons besig te hou met allerlei kleinighede soos wat die presiese modestyl moet wees waaraan ons kleredrag moet voldoen wanneer ons kerk toe gaan of watter liedere ons mag en nie mag sing nie of wat die grote moet wees van die houers waaruit ons Nagmaalwyn moet drink.

Jesus laat egter nie toe dat die vrou die fokus verskuif nie. Hy bring die gesprek weer terug na wat werklik saak maak. Hy sê vir haar: “Vrou, glo My, daar kom 'n tyd dat julle die Vader nóg op hierdie berg, nóg in Jerusalem sal aanbid. Julle aanbid dit wat julle nie verstaan nie; ons aanbid dit wat ons verstaan, want die verlossing kom uit die Jode. Daar kom egter 'n tyd, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis sulke aanbidders hê. God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. ”

Jesus se antwoord aan die vrou dring tot die kern deur. Hy sê vir haar waaroor dit werklik gaan. Dit gaan nie oor waar jy aanbid nie, maar oor jou hart ingesteldheid. Hoe lyk jou hart? Aanbidding is nie aan ’n plek of kultuur vasgebind nie. Dit gaan oor ’n ware ontmoeting met God. Deur die Heilige Gees maak God dit moontlik om by die waarheid Jesus Christus uit te kom. Om by God uit te kom, moet jy by Christus, die Messias uitkom want Hy is die een wat die Vader gestuur het om die volk te red.

Nou kom die Samaritaanse vrou by die dieptepunt van haar geestelike dors uit waarheen Jesus haar gelei het. Sy sê: “Ek weet die Messias kom wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak. ” En dan antwoord Jesus haar: “Ek Is, is die Een wat met jou praat.”

Jesus stel Homself as “EK IS” aan haar voor. Reeds in Eksodus 3:14 stel God Homself as “EK IS wat EK IS” voor. Hier identifiseer Jesus Homself as God wat naby gekom het. Hy is Emmanuel, “God by ons”. Dis God wat die lewende water van die ewige lewe gee. Jesus het ’n Goddelike afspraak gehad met hierdie vrou. Daarom “MOES” Hy deur Samaria gaan.

En haar ontmoeting verander haar hele lewe. Ons sien in hierdie verhaal watter radikale invloed Jesus se lewende water op die lewe van hierdie vrou gehad het. Sy wat uitgestoot was en haarself eenkant gehou het en wat nie eens water saam met die ander vroue by die put water kom haal het nie, gaan nou uit en vertel aan almal wat sy tot nou toe vermy het die Goeie Nuus van die lewende water wat Jesus vir haar gegee het.

Geliefdes, Jesus het vandag ’n afspraak met jou. Hy bring vir jou die lewende water van die ewige lewe. Hy is Emmanuel, God met jou en Hy vra dat jy Hom in Gees en waarheid sal aanbid. Uit sy genade gee Hy alles. Na sy Hemelvaart het Hy die Heilige Gees gestuur om elke oomblik van elke dag by jou te wees.

Uit genade gee God vir jou sy liefde. Hy gee vir jou die waarheid dat jy deur geloof in Jesus Christus die lewende water van die ewige lewe ontvang. Jy hoef niks te doen om God se liefde te verdien nie. Hoe gaan jy op God se liefde reageer? Genade beteken dat God alles doen, maar daarmee maak Hy ons nie passiewe robotte nie. Deur die Heilige Gees lei Hy ons na die waarheid van Jesus Christus. Gaan jy liefde teruggee? Gaan jy uit God se genade begin leef? Die ewige lewe wat God gee begin nou reeds sodat jy jou lewenspad hiervandaan saam met God kan stap.

Begin jou dag met gebed sodat jy intens van God se teenwoordigheid in jou lewe bewus kan wees. Deel jou dag met God soos jy deur die dag gaan. Hy sê vir ons, bid gedurig. Praat met God. Laat Hy deel wees van jou lewe. Laat Hom toe om jou laste te dra wat die lewe oor jou pad bring. Maak tyd in jou dag om na God se stem uit sy Ewige Lewende Woord te luister. Sluit jou dag af met gebed. Aanbid God in Gees en in Waarheid.

Geliefdes, het jy dors? Kom dan na Jesus toe want Hy gee lewende water aan almal wat dors het.

Amen