Struikelblokke
op ons pad van geloofsgroei –
Hoekom
is daar lyding en boosheid in die wêreld?
Iets wat nie groei nie, is besig om
dood te gaan. So is dit ook met jou verhouding met God. As daar nie
geloofsgroei is nie, is jou verhouding met God besig om agteruit te gaan.
Wanneer ons praat van geloofsgroei dan beteken dit eenvoudig om God beter te
leer ken om sodoende nader aan God te beweeg.
Een van die struikelblokke op die pad
van geloofsgroei is die moeilike vraag “hoekom is daar soveel lyding en
boosheid in die wêreld teenwoordig?” Hoe kan ’n liefdevolle God toelaat dat
daar soveel lyding in die wêreld is? Waarom laat Hy toe dat ouers ’n onskuldige
driejarige kind so verwaarloos en mishandel dat sy doodgaan? Waarom laat God
toe dat ’n natuurramp duisende mense se dood veroorsaak?
Hoekom keer God nie daardie selfmoord
bomaanvaller wat onskuldige mense met sy aanval teiken? Hoekom laat God toe dat
ek deur ’n ongeneeslike siekte afgetakel word? Hoekom laat God toe dat my
geliefde stelselmatig deur so ’n verskriklike Altsheimers siekte vernietig
word?
Vir sommige mense is dit so ’n groot
struikelblok dat hulle heeltemal wegdraai van God af. En dan redeneer hulle: As
God liefdevol is, sal Hy nie wil hê dat onskuldige mense ly nie. As Hy almagtig
is sal Hy sy almag gebruik om lyding te keer. As daar ’n liefdevolle en
almagtige God is soos die Bybel ons leer, dan behoort daar nie lyding in die
wêreld te wees nie.
Daar is egter lyding in hierdie wêreld
en daarom kan die God wat die Bybel aan ons voorhou nie bestaan nie. So
redeneer hierdie mense.
Dit is inderdaad ook ’n baie moeilike
vraag vir gelowiges om te beantwoord. Hoe beantwoord jy as gelowige die aanklag
dat God nie omgee nie of dat Hy nie in staat is om lyding te keer nie? Die
maklike manier is om ’n kop in die sand benadering te volg deur bg. vraagstuk
te systap. Die probleem met hierdie benadering is dat dit die ou duiwel ’n
geleentheid gee om jou geloof aan te val, veral wanneer jy op jou kwesbaarste
is. Veral daar waar jy die aanslag van lyding en boosheid persoonlik aan die
lyf voel. Wanneer die lewe om jou donker word en jy binne in die storm staan,
tik die ou duiwel jou op die skouer en sê: “Sien jy. Kyk na die gemors waarin
jy nou is. Voel jy die pyn? Ek het jou mos al gesê, jy kan God nie vertrou nie.
Hy gee nie vir jou om nie. Hy kan jou nie help nie. Dit is beter om van Hom af
weg te draai.”
Waar vind ons antwoorde op hierdie
moeilike lewensvrae? Daar is net een plek waar jy antwoorde kan vind. By God
self in sy Woord. Wat sê God vir ons oor hierdie onmoontlike vraagstuk? Hoe kan
God liefdevol en almagtig wees en nie lyding dadelik tot niet maak nie? In ons
teks gee God vir ons ’n antwoord op hierdie moeilike vraag. In
selfs
al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur
allerhande beproewings
God kan keer dat lyding plaasvind,
maar Hy laat dit net vir ’n kort tydjie toe. Binne sy almag en raadsbesluit
laat Hy soms lyding toe vir ’n kort tydjie. In die perspektief van God se
ewigheid is lyding inderdaad net ’n kort tydjie.
Die vraag wat nog onbeantwoord is, is
egter: “Gee God dan nie om nie?” Om hierdie vraag te antwoord moet ons kyk na
wat God gedoen het. Hy het Homself aan die voorfront van lyding geplaas. In
Jesus Christus het God die diepste diepte van pyn en lyding ervaar. Een ding is
seker! God gee om. Hy gee soveel om dat Hy sy enigste Seun na die wêreld
toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Ons hoor in
As ons net so bietjie terugstaan om
perspektief te kry. Wat is die ergste wat met jou hier op aarde kan gebeur? Dit
is dat jy jou lewe kan verloor en selfs dit kan jou nie van God se liefde skei
nie. Die dood is nie meer ’n hopelose einde nie. Dit is slegs ’n deurgang na ’n
ewige heerlikheid saam met God. In
In
En
omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die
saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
In
Dit is hier waar die tekkie die teer
slaat. Wanneer jy binne in die chaos van pyn en lyding staan moet jy bly glo
dat God net jou beste belang op die hart dra. Jy moet glo en vertrou dat God in
beheer is, veral wanneer dit vir jou lyk of alles buite beheer is. Jy moet God
vertrou en jou ore sluit vir die aanklag van die duiwel wat jou probeer oortuig
dat jy God nie kan vertrou nie. Hoe meer jy op God vertrou, hoe hegter word jou
verhouding met Hom, veral wanneer jy nie die uitkoms kan sien nie.
Daar is kere waar ons kan sien hoe God
se belofte dat alles ten goede meewerk waar is. Daar is egter ook baie kere
waar dit nie duidelik is nie en dit is hier waar jou geloof en vertroue in God
jou deurdra. Om te bly vertrou dat binne die groter prentjie van God se
raadsplan dat selfs dit wat vir my sinneloos lyk steeds sin maak.
Dit is soos ’n legkaart te bou van
derduisende stukkies. As ek net na die een of twee legkaart stukkies kyk wat
hier voor my is, sien ek nie die geheel van die prent wat die legkaart vorm
raak nie. God se legkaart is groter as die grootste legkaart waaraan ons kan
dink. God se legkaart is groter as die heelal wat so groot is dat ons nie
werklik die grote daarvan kan begryp nie.
Wanneer jy in geloof God vertrou, veral
wanneer jy geen uitkoms kan sien nie, gee God die belofte dat jy met
onuitspreeklike en heerlike blydskap vervul sal word. Dit bou jou verhouding
met God en jy sal ervaar hoe God ’n werklikheid binne jou lewe is.
Geliefdes, moenie dat jou geloofspad
saam met God belemmer word deur die vraagstuk van lyding nie. Moenie val vir
die duiwel se leuen dat jy God nie kan vertrou nie. Hou jou oë op die kruis en
opstanding van Jesus Christus. Bly glo dat God in beheer is en jy sal ervaar
hoe jy op jou geloofspad nader aan God beweeg.
Amen