Word's from a Father who lost his daughter in COLUMBINE 12 YEARS AGO!!
Guess our national leaders didn't expect this. On Thursday, Darrell Scott, the father of Rachel Scott, a victim of the Columbine High School shootings in Littleton, Colorado, was invited to address the House Judiciary Committee's subcommittee. What he said to our national leaders during this special session of Congress was painfully truthful.
They were not prepared for what he was to say, nor was it received well. It needs to be heard by every parent, every teacher, every politician, every sociologist, every psychologist, and every so-called expert! These courageous words spoken by Darrell Scott are powerful, penetrating, and deeply personal. There is no doubt that God sent this man as a voice crying in the wilderness.. The following is a portion of the transcript:
"Since the dawn of creation there has been both good & evil in the hearts of men and women. We all contain the seeds of kindness or the seeds of violence. The death of my wonderful daughter, Rachel Joy Scott, and the deaths of that heroic teacher, and the other eleven children who died must not be in vain. Their blood cries out for answers."
"The first recorded act of violence was when Cain slew his brother Abel out in the field. The villain was not the club he used.. Neither was it the NCA, the National Club Association. The true killer was Cain, and the reason for the murder could only be found in Cain's heart."
"In the days that followed the Columbine tragedy, I was amazed at how quickly fingers began to be pointed at groups such as the NRA. I am not a member of the NRA. I am not a hunter. I do not even own a gun. I am not here to represent or defend the NRA - because I don't believe that they are responsible for my daughter's death. Therefore I do not believe that they need to be defended. If I believed they had anything to do with Rachel's murder I would be their strongest opponent."
"I am here today to declare that Columbine was not just a tragedy, it was a spiritual event that should be forcing us to look at where the real blame lies! Much of the blame lies here in this room. Much of the blame lies behind the pointing fingers of the accusers themselves. I wrote a poem just four nights ago that expresses my feelings best."
Your laws ignore our deepest needs,
Your words are empty air.
You've stripped away our heritage,
You've outlawed simple prayer.
Now gunshots fill our classrooms,
And precious children die.
You seek for answers everywhere,
And ask the question "Why?"
You regulate restrictive laws,
Through legislative creed.
And yet you fail to understand,
That God is what we need!
"Men and women are three-part beings. We all consist of body, mind, and spirit. When we refuse to acknowledge a third part of our make-up, we create a void that allows evil, prejudice, and hatred to rush in and wreak havoc. Spiritual presences were present within our educational systems for most of our nation's history. Many of our major colleges began as theological seminaries. This is a historical fact. What has happened to us as a nation? We have refused to honor God, and in so doing, we open the doors to hatred and violence. And when something as terrible as Columbine's tragedy occurs -- politicians immediately look for a scapegoat such as the NRA. They immediately seek to pass more restrictive laws that contribute to erode away our personal and private liberties. We do not need more restrictive laws. Eric and Dylan would not have been stopped by metal detectors. No amount of gun laws can stop someone who spends months planning this type of massacre. The real villain lies within our own hearts."
"As my son Craig lay under that table in the school library and saw his two friends murdered before his very eyes, he did not hesitate to pray in school. I defy any law or politician to deny him that right! I challenge every young person in America , and around the world, to realize that on April 20, 1999, at Columbine High School prayer was brought back to our schools. Do not let the many prayers offered by those students be in vain. Dare to move into the new millennium with a sacred disregard for legislation that violates your God-given right to communicate with Him. To those of you who would point your finger at the NRA -- I give to you a sincere challenge.. Dare to examine your own heart before casting the first stone! My daughter's death will not be in vain! The young people of this country will not allow that to happen!"
- Darrell Scott
Do what the media did not - - let the nation hear this man's speech. Please send this out to everyone you can!!!
maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 1 Kor 1:23-24
19 Desember 2012
09 Desember 2012
Die onsigbare God het ’n sigbare Mens geword wat die lig van God se genade in ’n donker wêreld indra
9 Des. 2012 (RB)
Joh. 1 v 1 – 18 Teksvers Joh. 1v14
Sing
Lofsang: Ps. 105 v 1 & 2 (OAB)
Na
wet: Ps. 119 v 52 (OAB)
Na
gebed Ps. 119
v 39 (OAB)
Slotsang Sb. 4-8 v 1
& 2 (Sb 5 in Swart Psalmboek)
Wat herdenk Christene met
Kersfees? Is dit ’n tyd van vreugde wat sy hoogtepunt bereik in ’n luukse ete
met feestelik drank? Is dit ’n tyd van vrolikheid waar ons weer na liedjies
luister wat die vrolikheid van Kersvader besing? Word die hoogtepunt van
Kersfees bepaal deur die grote en prys van my geskenk? Terwyl hierdie dinge nie
opsigself boos en verkeerd is nie, is dit ook nie waaroor Kersfees werklik vir
Christene gaan nie.
Die ware betekenis van Kersfees
vir Christene word mooi in ons teksvers saamgevat – Joh. 1:14a:
Die Woord het
mens geword en onder ons kom woon.
dit wil sê die onsienlike God het
’n sigbare mens geword wat die lig van God se genade in ’n donker wêreld indra.
Die Johannes evangelie beskryf die menswording van Jesus Christus uit ’n unieke
oogpunt. Hierdie evangelie vertel nie vir ons die verhaal van die geboorte van
’n kind nie. Die betekenis van daardie maagdelike geboorte van ongeveer 2000
gelede word uit ’n ander hoek geskets. Ons hoor hier van Jesus wat die Waarheid
is. Ons hoor van Jesus wat ’n lig vir ’n donker wêreld is. Ons hoor van Jesus
wat uit genade verlossing bring aan ’n wêreld wat in moedeloosheid gedompel is.
Ons hoor van Jesus wat Hoop vir die wêreld bring, ’n hoop van die ewige lewe
saam met God wat nou reeds begin.
Met Kersfees herdenk ons as
Christene dat die ewige God wat van ewigheid bestaan, ’n eenvoudige mens geword
het sodat ons die ware karakter van God met eie oë kan sien. In Jesus Christus
sien ons wie en wat God werklik is. Ons sien Hom in die getuienis van die
ooggetuies wat Christus met hulle eie oë gesien het. Net so seker as wat ons
die mense in ons geskiedenis sien deur die getuienis wat oor hulle gelewer
word, sien ons die wonder van God se genade in die vertellinge van die
ooggetuies wat Jesus fisies gesien het.
Die Woord het
mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die
heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en
waarheid.
Ons sien in Hom die heerlikheid
van God se genade wat ’n hart van deernis het vir mense wat die pad byster
geraak het en wat in die donker ronddwaal. Ons sien in Hom ’n God wat my net
soos die verlore seun van ouds sonder verwyte terugverwelkom.
Daar is egter diegene wat nie wil
sien nie. Hulle wat die verhaal van Christus se menswording beskou as ’n ou
holruggeryde boodskap van ’n kind in ’n krip wat net rakelings relevansie het
met ons hedendaagse angs en onsekerheid soos ons hoor in Joh. 1:10-11:
Hy wás in die
wêreld—die wêreld het deur Hom tot stand gekom—en tog het die wêreld Hom nie
erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie
aangeneem nie.
Al wat diegene in Kersfees sien is
menslike vrede, liefde en welwillendheid. Dit moet bereik word deur te sorg dat
jy ook ’n goeie mens is. Dit is soos om vir ’n drenkeling van die kant af te
skree: “probeer harder! Gebruik jou arms en bene en swem harder!” Dit terwyl
die persoon besig is om te sink.
Sonder Christus is enige vrede,
liefde en welwillendheid leeg en oppervlakkig. Dit hou ook nie baie lank nie.
Ware vrede, liefde en welwillendheid kom net van Christus af. Die wonder van
God se genade deur die Woord wat mens geword het en onder ons kom woon het,
beteken dat daar vir die persoon wat besig is om in die moedeloosheid,
hopeloosheid, angs en onsekerheid van ons hedendaagse wêreld te verdrink, ’n
lewensboei van God se genade uitgegooi word. Die lewensboei van Jesus Christus
wat mens geword het. Dit word nie verkry van ’n Kersvader in ’n rooi pak wat
goedkoop geskenke uitdeel en so ’n aangeplakte HO HO laggie uiter nie. Ware
vrede, liefde en welwillendheid kan slegs verkry word wanneer die mensgeworde
Woord, wat self God is, die heerlikheid van sy genade en waarheid aan ons
uitdeel.
Jesus Christus is die waarheid.
Dit is Hy wat die lig van lewe in ’n donker wêreld skyn. Hy is die enigste ware
weg na die Vader toe. Ons kan slegs uit sy oorvloed genade op genade ontvang.
Deur Hom ontvang ons die ewige lewe. Die ewige lewe gee aan ons die hoop om
ewig in die teenwoordigheid van God se liefde te wees. Dit is egter nie iets
wat daar ver is wat eers eendag gaan gebeur nie. Dit begin nou reeds.
Dit beteken dat ek nie in die
negatiwiteit van die lewe vasgevang word nie. Wanneer mense my seermaak, dan
het dit nie meer ’n houvas op my nie. Dit is nie meer mense wat my vrede en
geluk bepaal nie, maar God. Wanneer ek met die negatiewe kant van die lewe
gekonfronteer word, gee God aan my ’n hart vol deernis wat Hy ook in Jesus
Christus aan ons gewys het. Dit beteken dat my reaksie en optrede teenoor mense
nie deur mense se optrede teenoor my bepaal word nie. Dit beteken dat ek die
nood van mense om my raaksien in plaas daarvan ek na my eie selfsugtige
behoeftes raaksien. Die Woord wat mens geword het beteken dat ek weer met die
God van genade en liefde versoen word en dat my verhouding met God ook my
verhouding met my medemens bepaal. Dit beteken dat ek die nood van my medemens
raaksien en dat ek ’n hart vol van deernis vir die nood van my medemens het.
Die Woord wat van ewigheid bestaan
en deur wie alles tot stand gekom het, het die mens as ’n ewigheidswese geskep.
As gevolg van sonde het daar ’n kloof tussen die mens en God ontstaan. Daarom
het die Woord mens geword en onder ons kom woon sodat daardie kloof tussen die
mens en God oorbrug kan word. Elkeen wat Hom in geloof aanneem ontvang die heerlikheid
van Jesus Christus se genade om vir ewig in God se liefde en genade saam met
Hom deur te bring. Die wat God se genade egter verwerp sal vir ewig sonder God
wees, dit wil sê hulle sal vir ewig in moedeloosheid, hopeloosheid, angs en
onsekerheid sonder God vasgevang sal wees.
Geliefdes, kom ons laat die lig
van God se genade ook in hierdie Kerstyd skyn in ’n donker wêreld wat Hom nie
ken nie. Kom ons reik uit na hulle wat van die spoor af is of wat God glad nie
ken nie. Kom ons maak die ware betekenis van Kersfees bekend, naamlik dat die
Woord mens geword het en onder ons kom woon het, dit wil sê Die onsigbare God
het ’n sigbare Mens geword wat die lig van God se genade in ’n donker wêreld
indra.
Amen
04 Desember 2012
Die ware betekenis van Christus se geboorte vervul ons met verwondering
2 Des. 2012 (RB - Nagmaal)
Luk. 2 v 1 – 20 Teksvers Luk. 2 v 19
Sing
Lofsang: Ps. 65 v 1 (OAB)
Na
wet: Ps. 119 v 1 (OAB)
Na
gebed Ps. 86
v 3 (OAB)
Slotsang Sb. 2-4 v 1 (Sb 33 in Swart Psalmboek)
Word u nog met verwondering vervul
wanneer u die goeie tyding hoor van Christus se geboorte? Raak u nog opgewonde
wanneer u hoor?
Vandag is daar
vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!
Desembermaand is die tyd van die
jaar wanneer Christene weer oor die geboorte van Jesus nadink. Het hierdie
Christus verhaal nog ’n impak op ons lewens?
In die Christus verhaal hoor ons
hoe dit gebeur het dat die Koning van die heelal in ’n stal gebore is. Dit het
so plaasgevind. Vooraf hoor ons eers hoe ’n eenvoudige jong meisie, Maria die
byna ongelooflike nuus van ’n engel moet aanhoor dat sy wat nog steeds ’n maagd
is, nou swanger is. Verder is dit nie net maar nog ’n gewone swangerskap nie.
Die Seun wat gebore gaan word is die Koning wat uit die nageslag van Dawid
gebore sou word en dat Hy as Koning tot in alle ewigheid sal regeer. Aanvanklik
het Josef, haar verloofde homself voorgeneem om stilletjies van Maria te skei
toe hy bewus geword het van haar swangerskap. Die Here het egter in ’n droom
aan hom bekendgemaak dat Maria nie aan hom ontrou was nie, maar dat die
swangerskap van die Here af kom.
Dan hoor ons hoe Josef en sy
verloofde na Betlehem vir die volkstelling moes gaan. Anders as die
sensusopnames vandag waar ’n sensusopnemer na jou huis toe kom, moes die Jode
elkeen na die geboortestad van hulle stamvader gaan. Josef was gebore uit die
geslag van Dawid en Betlehem was die geboortestad van Dawid. Daarom moes hy na
Betlehem gaan vir die volkstelling.
Saam met hom het sy swanger
verloofde Maria gereis. Die moeders hier by ons sal verstaan dat ’n reis op ’n
donkie nie die maklikste ding vir ’n swanger vrou is nie, veral nie as sy hier
op haar laaste is nie. So het dit toe ook gebeur dat sy geboorte geskenk het aan
’n Seun. Daar was egter nie vir hulle plek in die herberg nie en daarom moes
hulle in ’n stal saam die diere ’n rusplek vind waar die kind toe gebore is.
Maria het die kind in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê. So is die Koning
van die heelal in die mees eenvoudigste en nederigste omstandighede gebore.
Die nuus van hierdie gebeurtenis
word dan ook heel eerste aan die mees onbelangrikste mense in die samelewing,
die skaapwagters bekend gemaak. Hulle aanskou ’n engelekoor wat God Prys en sê:
“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy
’n welbehae het!” Hierna gaan soek hulle die kind en vind Hom waar die
engel vir hulle gesê het dat hulle Hom sal vind. Toe hulle die kind vind vertel
hulle vir almal daar wat die engel aan hulle gesê het:
Vandag is daar
vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!
Hoe het die mense daar op hierdie
nuus reageer? Die skaapwagters het aanvanklik groot geskrik en was bang. Toe
hulle egter eers die wonder van die gebeure besef is hulle gevul met
opgewondenheid en hulle kon nie wag om aan almal te vertel wat die Here aan
hulle bekendgemaak het nie. Die mense aan wie die goeie nuus bekendgemaak is,
was vervul met verwondering. Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens
weer by haarself daaroor nagedink.
Hoe reageer ons op die nuus dat
daar in die stad van Dawid die Verlosser, Christus die Here gebore is? Is daar
by ons ook ’n borrelende opgewondeheid wat ons dring om dit aan almal wat ons
teëkom oor te vertel? Is ons nog steeds verwonderd oor hierdie nuus? Is dit
iets wat ons bybly en waaroor ons telkens weer nadink? Of is ons soos baie van
die Jode van daardie tyd waaroor Jesus met weemoed uitgeroep het:
“Jerusalem,
Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou
toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar
kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie!
Wat is dit wat ons opgewonde maak
oor Kersfees? Word die wonder van Jesus Christus in ons lewens ook vervang met
blink liggies en groot Kersgeskenke? Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik so
besig dat ons nie eens meer tyd vir mekaar het nie. Kom ons kom weer by die
ware betekenis van Jesus Christus se geboorte uit. Kom laat ons dit onthou en
vir altyd bewaar soos wat mens iets kosbaars in jou lewe koester en bewaar en
laat ons daaroor nadink oor wat dit werklik vir ons beteken.
Laat ons onthou dat ons verlore
was en dat God self mens geword het om ons te vind. Laat ons onthou om nederig
soos Christus te wees. Laat ons onthou dat God ons sterkte is en dat ons op sy
krag alleen moet staatmaak. Laat ons onthou dat God die mislukkings in ons lewe
weer kom heel maak en dat ons vir Hom baie kosbaar is, soveel so dat Hy bereid
was om as eenvoudige mens gebore te word sodat ons nie verlore gaan nie. Laat
ons onthou dat God elkeen van ons name in die palm van sy hand ingraveer het,
dit wil sê Hy vergeet ons nooit nie. Laat ons onthou dat Hy altyd daar is
wanneer die lewe te moeilik word en dat ons na Hom toe kan gaan wanneer die
hartseer in die lewe vir ons te veel word. Laat ons onthou dat ons by God
genade gevind het en dat Hy ons so lief het dat Hy sy enigste Seun gegee het,
sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Kom ons raak in hierdie tyd weer
stil oor die verwondering van Jesus Christus in ons lewens.
Amen
06 November 2012
God bereik sy doel ten spyte van die mens se beste pogings om dit te dwarsboom
21 Okt. 2012 (RB)
Gen. 11; Teksverse Gen. 11:5 & 7
Sing
Lofsang: Ps. 48 v 1 (OAB)
Na
wet: Ps. 32 v 1 (OAB)
Na
gebed Ps. 42
v 1 (OAB)
Slotsang Ps. 30 v 1 (OAB)
Inleiding
Ons leef vandag in ’n
moderne wêreld wat baie ver verwyderd van Babel is. Ons het selfone,
televisies, internet en nog veel meer produkte van ons moderne tegnologie tot
ons beskikking. Dinge wat in die tyd van Babel ondenkbaar was. Ten spyte van
ons totaal anderse leefwêreld is daar tog sekere dinge van die menslike natuur
wat nie verander nie en wat by ons en by Babel teenwoordig was. Die wyse woorde
van die Prediker is baie waar soos ons in Pred.1:9 hoor:
Wat was,
sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie
wêreld nie.
Die mens is vandag in
hierdie moderne wêreld nog steeds net so opstandig teenoor God as wat hulle in
die antieke wêreld van Babel was. In hierdie verhaal van Babel hoor ons hoe die
nageslag van Noag nog steeds net so opstandig teenoor God is as wat die mensdom
voor die vloed was. Ons hoor hoe die mens absoluut verhard is in sy sonde, maar
dat God nog steeds ten spyte daarvan sy genade aan die mens betoon. In hierdie
verhaal is daar as te ware twee bedrywe. Die eerste bedryf beskryf vir ons die
mens se optrede en sy opstandigheid teenoor God en die tweede bedryf beskryf
vir ons God se reaksie op die mens se optrede.
Die mens se opstandigheid
teen God.
Van die begin af was die
mens opstandig teenoor God ten spyte daarvan dat God net liefde teenoor die
mens betoon het. Adam en Eva het daarmee begin toe hulle God se bevel
verontagsaam het daar in die Paradys. Hulle kinders het maar net daarmee voort
gegaan met Kain wat sy broer Abel vermoor het. Hulle nageslag het so boos
geword dat God spyt gekry het dat Hy die mensdom gemaak het. Nadat God weer
nuut begin het met Noag, het sy nageslag maar net weer voortgegaan met hul
opstand teenoor God.
In Gen. 11:2 hoor ons hoe
die mense ooswaarts getrek het totdat hulle by ’n vlakte in Sinar uitgekom het
wat vandag as Irak bekend staan. Om ooswaarts te trek beteken om van God se
seën af weg te trek na ’n land waar jou hoop verydel sal word soos dit ook die
geval met Lot was wat ooswaarts na Sodom en Gemora getrek het.
In Gen. 11:3 hoor ons hoe
die mense met mekaar ooreenkom om die tegnologie wat hulle ontwikkel het, te
gebruik om ’n stad te bou. In Gen. 11:4 hoor ons waarom hulle die stad wou
bou.
Toe sê
hulle: “Kom ons bou vir ons ’n stad met ’n toring waarvan die punt tot in die
hemel reik en ons maak so vir ons ’n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde
versprei nie.”
Daar was twee redes waarom
hulle die stad wou bou. In die eerste plek wou hulle vir hulself ’n naam maak.
Hierin sien ons duidelik hoe die fokus van God af weg skuif na die mens toe.
Dit is die wortel van sonde wat reeds by Adam en Eva begin het. Hulle wou net
soos God wees. Die kern van sonde is dat die mens nie bereid is om God se gesag
in sy lewe te aanvaar nie. Die gevolg daarvan is duidelik. Ongehoorsaamheid aan
God se opdragte. God het reeds in die begin die opdrag gegee dat die mens oor
die aarde moet versprei om dit te bewerk soos ons hoor in Gen. 1:28:
Toe het
God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde
en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al
die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”
Hierdie opdrag word weer
aan Noag en sy seuns herhaal soos ons hoor in Gen. 9:1:
God het
vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie en
bewoon die aarde.
Hieruit is die opstand
teen God baie duidelik. Die mens doen net mooi die teenoorgestelde van dit wat
God beveel. Die mens wil homself maar net nie aan God onderwerp nie. Hy vertrou
net op homself en sy vermoëns en weier om homself aan God te onderwerp. Dit is
vandag nog net soos dit in die tyd van Babel was. In Babel het die mense hulle
tegnologie gebruik om strukture te skep waarin hulle hul vertroue kon plaas.
Hulle het ’n toring gebou wat tot in die hemel moes ryk sodat hulle nie meer
vir God nodig gehad het om daar te kom nie. Hulle kon nou deur hulle eie vernuf
daar kom, nie om God te ontmoet nie, maar om self god te wees.
Dit is maar net soos die
mens vandag nog is. Ons leef in ’n tegnologiese eeu en mens hoor al hoe meer
die argument dat ons moderne tegnologie God oorbodig gemaak het. Daar is ’n al
hoe sterker neiging van mense om van die wetenskap ’n godsdiens te maak,
alhoewel hulle dit nooit as sulks sal beskryf nie. Ons mag nou wel dalk dink
dat dit dalk waar is van die ongelowiges daar buite, maar dit is tog sekerlik
nie ’n probleem by ons nie! Die feit is egter dat ons dalk nie soos die geharde
ateïste die bestaan van God ontken nie, maar dat ons wel dikwels so leef asof
Hy nie bestaan nie. Ons plaas ons vertroue in ons eie vermoëns en vernuf. Ons
leef al hoe meer vir onsself en die wêreld en beweeg sodoende al hoe verder van
God af.
Die mense van Babel het
die bevel van God verontagsaam om die hele aarde te vul. Hulle het op een plek
saamgekoek en sodoende God se doel om sy koninkryk oor die hele aarde te
versprei probeer dwarsboom. Die kerk doen vandag nog steeds dieselfde! Jesus se
opdrag aan sy kerk net voor sy hemelvaart was “Gaan dan na al die nasies toe
en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die
Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle
beveel het.” Hoe dikwels ignoreer die kerk nie hierdie opdrag nie? Maak ons
nie ook soos die mense van Babel nie? Broei ons mekaar nie ook maar net warm
nie, en voer nie die opdrag van die Here uit nie?
God antwoord met genade op
die mens se opstandigheid
Wat was God se reaksie op
die opstandigheid van Babel? Ons hoor in Gen. 11:5:
Die Here
het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou
het
Is dit ironies nie? Ten
spyte daarvan dat die mense ’n toring gebou het wat tot in die hemel strek,
moes God steeds afgaan! God is en sal altyd ver verhewe bo die mens wees.
God het afgekom om te kyk
en Hy het gevind dat die een taal wat die mense gepraat het hulle in hul
opstandigheid saamgebind het. Hy was bekommerd dat dit sal veroorsaak dat
hierdie samehorigheid hulle so ver sal wegdryf van Hom af dat hulle vir ewig
verlore sal gaan. Daarom tree God op. Hy verwar hul taal en verstrooi hulle
sodoende oor die hele aarde. Dit wat hulle nie wou doen nie het God kom doen.
Wanneer die mens in
opstand teen God kom en van die Hom af wegdraai, dan los God nie die mens nie.
Die mens en die aarde waarop ons woon is so ’n stoffie gemeet teen die
grootsheid van die heelal en die grootsheid van God dat dit aan God geen
verskil sal maak om die mens maar net te ignoreer nie. Dit sal egter vir die
mens katastrofies wees as God dit sou doen. Hy doen dit egter nie. Hy kom af na
die mens toe deur self mens te word soos ons hoor in Joh. 1:14:
Die
Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die
heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en
waarheid.
Die rede daarvoor hoor ons
in Joh. 1:12:
Maar aan
almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om
kinders van God te word.
Dit is die evangelie, die
goeie nuus wat ons as sy kerk in die wêreld moet uitdra. Die mense van Babel
was ongehoorsaam en daarom het hulle die pynlike gevolge daarvan ervaar. Hulle
taal is verwar en hulle is verstrooi oor die wêreld. As ons as kerk van die
Here ongehoorsaam is aan sy opdrag, dan moet ons nie verbaas wees as dit met
ons swaar gaan nie. God gebruik soms tydelike lyding om vir ons ’n ewige
heerlikheid te verseker. ’n Kerk wat nie aktief betrokke is by sending en die
uitbrei van God se koninkryk nie mag dalk net soos die mense van Babel
verstrooi word. Onthou, God bereik sy doel ten spyte van die mens se beste
pogings om dit te dwarsboom.
Hoe kry ons dit reg om aan
God se opdrag gehoorsaam te wees? Ons moet erns maak met Jesus. As Jesus ’n
werklikheid in ons lewens is, sal ons nie anders kan as om teenoor die hele
wêreld daarvan te getuig nie. Kom na Jesus toe sodat Hy die vuur en ywer om die
evangelie uit te dra in ons harte aan die brand kan steek.
Amen
14 Oktober 2012
Die wonder van God se genade oortref die nare werklikheid van ons sonde
14 Okt. 2012 (RB)
Ps. 130; Teksverse Ps. 130:1 & 8
Sing
Lofsang: Ps. 147 v 1 (OAB)
Na
wet: Ps. 146 v 2 & 3 (OAB)
Na
gebed Ps. 40
v 4 (OAB)
Slotsang Ps. 130 v 1 & 4 (OAB)
Inleiding
Waar vind mens ware geluk
en wat keer dat ons dit vind?” Indien mens nie jou lewensgeluk op die regte
plek soek nie, sal jy dit nooit vind nie. Wanneer mens jou lewensgeluk op die
verkeerde plek soek dryf jy net al hoe verder van die ware bron van geluk af
weg. Die harde werklikheid is dat dit sonde is om lewensgeluk op die verkeerde
plek te soek. Mens kan net by God ware vrede en lewensgeluk vind. In
Ps. 130 hoor ons dan ook hoe sonde die mens van God vervreem. Ons hoor ook
van die Psalmdigter se intense verlange om sy gebroke verhouding wat deur sonde
verbreek is, met God te herstel.
In hierdie Psalm hoor ons
hoe die wonder van God se genade die nare werklikheid van ons sondes oortref.
Ons hoor hoe die Psalmdigter by God pleit om hom te red ten spyte van sy
sondige korruptheid. Hy pleit by God op grond van sy genade en dan hoor ons hoe
God antwoord op die pleidooi. Wag op die Here en Hy sal jou bevry van die sonde
slawerny.
In die eerste plek hoor
ons die Psalmdigter se pleidooi:
Here red ons ten spyte van
die korruptheid van ons sonde
Ons hoor hoe hy sug: “Uit
die dieptes roep ek na U, Here.” Dan hoor ons hoe hierdie
soeke na God al hoe intenser word: “luister tog na my, Here, hoor tog my
hulpgeroep.” Hierdie soeke na God is alleen omdat die Psalmdigter intens
bewus is van sy sonde teenoor die Here soos ons hoor in vers 3:
As U ons
sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?
Voordat ons nie intens
bewus word van ons sonde en die verwoestende effek daarvan nie, sal daar nooit
’n ware begeerte na God wees nie.
Die rede waarom ons nie
altyd werklik besef hoe ernstig sonde is en die effek wat dit op ons lewens het
nie, is omdat ons dikwels net teen die simptome van sonde vaskyk.
Liefdeloosheid teenoor ons naaste, selfsug, woede, haat, onsedelikheid is alles
net simptome van ’n baie dieper probleem. Die dieper probleem is dat ons afgode
dien in plaas van die ware lewende God. Die afgode in ons lewens lyk miskien
anders as die afgode wat die Israeliete gedien het, maar die effek daarvan is
net so verwoestend as wat dit vir Israel was. Ons verhouding met die enigste
ware lewende God ly skade.
Die afgode in ons lewens
is ook nie opsigself noodwendig altyd boos of sleg nie. Ons sien maklik die
bose afgode raak, soos die smag na mag en die misbruik van mag. By die meeste
van ons is dit nie noodwendig ’n probleem nie. Die meeste afgode in ons lewens
is baie goed vermom in dit wat eintlik mooi en goed is. Dinge soos ons my
kinders, my loopbaan, my prestasies in die lewe, my vaardighede, my stokperdjie
om maar enkele voorbeelde te noem.
Dit is nie verkeerd om
ambisie te hê om te vorder in my loopbaan nie. Dit is nie verkeerd om my
talente te gebruik om te presteer in die lewe nie. Dit is nie verkeerd om ’n
stokperdjie te hê of om sport te geniet nie. Wanneer ek egter my sekuriteit en
eiewaarde in hierdie dinge begin soek dan begin ek afgode daarvan maak. Wanneer
ek byvoorbeeld op my eie prestasies staat maak om vir my sekuriteit en
lewensgeluk te verskaf, dan begin ek meer op dit vertrou as wat ek op God
vertrou. Die probleem lê nie daarin dat ek my kinders te lief het nie, maar
eerder daarin dat ek God minder liefhet as wat ek hulle het.
Hoe bepaal ek wat is die
afgode in my lewe? Ek moet myself afvra, wat is dit in die lewe wat ek nie
bereid is om op te gee nie? Wat is dit wat na my mening vir my sin en betekenis
in die lewe gee? Wat is dit wat in die lewe waarop ek my sekuriteit bou? Wat is
dit wat my kwaad maak of wat laat my benoud voel? Wat maak my moedeloos en
verskaf aan my ’n skuldgevoel? Wanneer ek op die gawes van God in die lewe
begin fokus sonder om God wat dit gee raak te sien, dan maak ek selfs van die
goeie dinge in die lewe afgode. Wanneer ek my vertroue nie in die Here stel
nie, maar in die gawes wat Hy gee, dan is ek besig met afgodery.
Op ons eie sal ons nooit
die afgode in ons lewe raak sien nie. Dit is die Heilige Gees wat dit vir ons
uitwys. Dit is die Gees wat dit vir ons moontlik maak om soos die Psalmdigter
na die Here te roep uit die diepte van ons ellende. Dan kan ons ook die Here
aanroep en vra:
Red ons van ons sondes op
grond van U genade
In Ps. 130:4 hoor ons:
Maar by
U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.
God openbaar sy vergifnis
aan ons deur die soenverdienste van Jesus aan die kruis en sy oorwinning van
die dood. Die Psalmdigter het vooruit daarna gekyk terwyl ons terugkyk na
daarna, terwyl ons en die Psalmdigter met hoop uitsien na Jesus wat weer op die
wolke sal kom om ons finaal van die pyn en leiding te kom verlos. Dit is alleen
op grond van sy offer aan die kruis dat ons kan bely: “Maar by U is daar
vergifnis.” Dit is alleen op grond van hierdie genade van God dat ons kan
weet dat ons nie goedkeuring en aanvaarding van God en die mense om ons moet
verdien nie omdat Jesus reeds God se goedkeuring, aanvaarding en liefde vir ons
aan die kruis verdien het.
Op grond van God se liefde
vir ons in Jesus Christus kan ons saam met Psalmdigter bely dat ons alleen ons
hoop op God plaas en dat ons ’n intense verlange het om saam met Hom te wees
soos ons hoor in Ps. 130:5-6
Ek stel
my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy
woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die
môre.
Sonder die Here se genade
sal ons Hom wat die enigste ware bron van vrede en lewensgeluk is, nooit vind
nie. Dit is alleen God wat dit moontlik maak omdat Hy deur sy Gees vir ons
alles gee wat nodig is om op Hom te vertrou.
Dit wat die Here vir ons
gee, vra Hy egter ook van ons
Hoop op God en glo sy
belofte dat Hy ons sal bevry van ons sondeslawerny
In Ps. 130:7 hoor ons:
Wag op
die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die
verlossing seker.
Om op die Here te wag
beteken dat ons Hom moet vertrou. Ons moet op sy troue verbondsliefde vertrou
wat Hy deur Jesus Christus op Golgota vir ons gewys het. Om God te vertrou
beteken om te glo dat die verlossing by Hom alleen seker is, om te glo dat
Jesus die enigste weg na God is soos Hy ook vir ons in Joh. 14:6 sê:
Jesus
het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na
die Vader toe behalwe deur My nie.
Om die Here te vertrou
beteken dat Hy alleen ons van ons sondes, dit wil sê die afgode in ons lewens
sal verlos soos ons hoor in Ps. 130:8:
Hy
alleen sal Israel verlos van al sy sondes.
Die afgode in ons lewens
maak van ons slawe deur ons afhanklik van hulle te maak. Dan soek mens jou
geluk byvoorbeeld in die uitleef van jou loopbaan eerder as wat mens jou geluk
by God alleen soek. Die Here verlos ons daarvan sodat ons maar alleen ons geluk
by Hom soek. Dan kan mens ook die vreugdes, gawes en talente wat die Here vir
ons gee geniet in die wete dat dit ’n gawe uit God se hand is. Dan kan ons weet
dat God ons lewensgeluk bepaal.
slot
Waar vind mens ware geluk
en wat keer dat ons dit vind?” Sonde beroof ons van ware lewensgeluk in die
lewe omdat dit keer dat ons, ons geluk by God alleen soek. Deur God se genade
in Jesus Christus verlos Hy ons van die sonde in ons lewe. Dan beleef ons dat
die wonder van God se genade die nare werklikheid van ons sonde oortref. Dan
soek ons, ons vrede en lewensgeluk net by God alleen en nie in die dinge van
hierdie lewe nie. Dan kan ons inderdaad die goeie in die lewe geniet as gawes
uit sy hand sonder dat ons daarvan afgode maak. Kom ons soek ons vrede en lewensgeluk
by die Here alleen in Jesus Christus.
Amen
04 Oktober 2012
Jesus is die enigste ware weg na God en die lewe
30 Sep. 2012 (RB)
Joh. 13:31 – 14:18; Teksverse Joh. 14:16
Sing
Lofsang: Ps. 150 v 1 & 3 (OAB)
Na
wet: Ps. 32 v 1 (OAB)
Na
gebed Ps. 84
v 1 & 6 (OAB)
Slotsang Ps. 105 v 1 & 2 (OAB)
Die
lewe het ’n manier om anders uit te draai as wat ons verwag! Nes dit lyk of
alles nou in plek val en my vooruitsigte lyk mooi en goed, dan gebeur daar iets
wat alles deurmekaar krap. Dit is iets wat al meer as een maal in my lewe
gebeur het en ek glo elkeen van ons het dit al ervaar.
In
Joh. 14 vind ons dat dit ook iets is wat Jesus se dissipels ervaar het. Hulle
is hewig ontsteld oor dit wat Jesus hulle nou net meegedeel het terwyl hulle
besig was om die Paasmaal saam met Jesus te nuttig. Judas het homself verskoon
nadat Jesus aan hom openbaar het dat Hy weet dat Judas Hom gaan verraai. Nou
hoor die agterblywende dissipels hierdie onstellende boodskap wat in Joh. 13:33
vir ons opgeteken is:
My kinders, Ek is nog net ’n klein rukkie by julle.
Dan sal julle My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou vir julle
ook: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie.
Simon
Petrus vra die vraag wat in almal se gemoed is: “Here, waarheen gaan U?”
Hy kan maar net nie aanvaar dat Jesus weggaan nie en vol bravade roep hy uit: (Joh. 13:37)
“Here, hoekom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my
lewe vir U aflê.”
Dan
hoor hy en die ander dissipels Jesus se skokkende antwoord v38:
“Sal jy jou lewe vir My aflê? Dít verseker Ek jou:
Nog voor die haan kraai, sal jy My drie keer verloën.”
Dink
net hoe ontsteld die dissipels op daardie punt was! Vir drie jaar lank het
hulle Jesus gevolg nadat hulle alles opgegee het. Hulle hoop was totaal en al
op hierdie Messias gevestig en heimlik het hulle verwag dat Hy Israel weer in
sy vorige glorie sou herstel en van hulle vyande verlos. Nou moet hulle hoor
die Messias op wie hulle al hulle hoop gevestig het, weggaan! Alles verniet,
tevergeefs soos die Prediker gesê het!
Jesus
se dissipels verstaan nog steeds nie die groter prentjie van God se koninkryk
nie, naamlik dat dit nie maar net nog ’n tydelike aardse koninkryk is nie. God
is besig om sy ewige koninkryk te vestig wat wyer strek as net die hier en nou
waarin die dissipels vaskyk. Daarom sê Jesus vir hulle: (Joh. 14:1-4)
“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo
ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was
nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak
nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en
sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En julle ken die
weg na die plek waarheen Ek gaan.”
Geliefdes,
het ons nie ook maar dikwels dieselfde probleem as wat die dissipels gehad het
nie? Is ons nie ook maar vasgevang in die hier en die nou nie? En wanneer dinge
nie heeltemal glad verloop soos wat ons verwag nie, dan raak ons ook paniekerig
en ontsteld! As ek tog maar net hierdie maand kan deurkom en dan breek die kar.
Ek het nie geld om die kar reg te maak nie! En dan gaan ons vol ontsteltenis na
God toe. Net soos die Jode ’n tydelike aardse koninkryk verwag het, ten spyte
van wat Jesus reeds vir hulle gesê het. Kyk ons nie ook maar net in die hier en
nou vas nie? Wil ons nie ook maar so dikwels vir Jesus gebruik om huidige
probleme op te los sonder dat ons kyk na die groter prentjie van God se
koninkryk waarmee Jesus besig is nie? Ons kyk net in die hier en nou vas en wil
Jesus net soos die Jode van ouds misbruik om ons eie behoeftes te bevredig. Die
Here waarsku ons teen so ’n benadering soos ons hoor in 1 Kor. 15:19:
As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus
vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
Jesus
antwoord Petrus se vraag van “waar gaan U heen?” deur hom eers te kalmeer:
“Moenie ontsteld wees nie.” Hoe kry mens dit reg om nie ontsteld te wees oor
die dinge waarmee ons in hierdie lewe mee sukkel Nie? Eenvoudig: “Glo in God;
glo ook in Jesus.” Vertrou God, Hy is in beheer. Niks op hierdie aarde gebeur
buite sy wil nie. Dan gee Christus weer vir sy dissipels die groter perspektief
van God se koninkryk. Dit is meer as net die hier en nou. Christus is besig om
vir ons plek voor te berei om in die ewige heerlikheid saam met God te wees. En
julle ken die weg na die plek waar Jesus is.
Die
probleem is egter dat ons so dikwels net soos Tomas nie verstaan nie en dan het
Jesus met ons ook net soveel geduld as wat Hy met Tomas gehad het. Hy
verduidelik weer die eenvoudige boodskap van die evangelie (dit wil sê die
goeie nuus van Jesus Christus) soos ons hoor in ons teksvers Joh. 14:6:
Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die
waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Jesus
is die enigste ware weg na God en die lewe, daar is nie ’n ander weg nie.
Dit is ’n boodskap wat by die wêreld nie baie gewild is nie. ’n Wêreld wat
vasgevang is in die leuen van die satan dat elkeen maar op sy eie manier wel by
God sal uitkom. Dis nie ’n probleem wat uniek is aan die tyd waarin ons leef
nie. Dit was maar eintlik van die begin af dat die mens onafhanklik sy eie pad
wil loop.
Die
probleem is egter dat dit die pad na die ewige dood is waar mens vir ewig van
God verwyder is. Die beskuldiging word so dikwels gemaak dat dit ’n
veroordelende boodskap is, maar dit is nie waar nie. As jy verkies om God te verwerp,
dan kan jy mos vir niemand anders as jouself blameer wanneer jy as gevolg van
daarvan vir ewig van God geskei word nie soos ons hoor in Joh. 3:17-18:
God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om
die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel
omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
Die
mens kan egter nie op sy eie sonder God bestaan nie. Filippus spreek hierdie
versugting van die mens uit met sy vraag: “Here, wys vir ons die Vader, en
dit is vir ons genoeg.” Dan wys Jesus weer eens vir die waarheid uit soos
ons hoor in Joh. 14: 9-10:
“Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie,
Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die
Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie?
Ten
spyte van hierdie duidelike boodskap is daar sommiges wat nie glo nie en as
gevolg van daarvan verlore gaan. Elkeen wat verlore gaan kan niemand buiten
homself blameer nie.
Die
uitverkore kinders van God ken egter vir Jesus en word sodoende weer met die
Vader versoen soos ons hoor in Joh. 14:7:
As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van
nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
Jesus
se dissipels het Hom geken omdat hulle Hom persoonlik gesien het en na Hom
geluister het. Ons kan Jesus egter ook ken en as te ware ook sien. In Gal 3:1
hoor ons:
Julle Galasiërs, is julle dan so sonder begrip? Wie
het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle
verkondig dat julle Hom as ’t ware aan die kruis kon sien hang!
Deur
Woordverkondiging en persoonlike Bybelstudie leer ons Jesus ken asof ons self
soos sy dissipels saam met Hom geleef het en ook gesien het toe hulle Hom
gekruisig het. Deur ons geloof in Jesus sien ons die wese en heerlikheid van
die Vader self raak. God is onsigbaar en tog sien ons Hom!
In
Joh. 14:11 herhaal Jesus dan weer hoe ons met die Vader versoen word en
sodoende deel kry aan sy koninkryk:
Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in
My; of anders, glo op grond van die werke self.
Glo
in Jesus Christus en beleef die wonder van God se genade!
In
Joh. 14:12 hoor ons dan ook wat die doel en opdrag van Jesus se kerk op aarde
is:
“Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die
dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die
Vader toe gaan.
Jesus
het aarde toe gekom om die verlossing van die mensdom te bewerkstellig. Sy kerk
het die doel en die opdrag om hierdie verlossing aan die wêreld uit te dra. Die
groter dinge waarna hier verwys word is nie belangriker as Christus se werk
nie, maar wel dat daardie werk deur sy kerk voltooi sal word om al sy
uitverkore kinders te laat deel in die heerlikheid van sy koninkryk. Self in
hierdie taak laat God ons nie alleen nie, want Hy belowe dat hy sal luister
wanneer ons bid. Hy verseker ons dat elke keer wanneer ons bid
Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig
word;
laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde
geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef
ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons
nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Aan U behoort die
koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”
Dat
Hy ons gebed in die Naam van Jesus Christus sal verhoor.
Jesus
laat nie sy kerk alleen agter nie. Hy het die Heilige Gees gestuur sodat ons
deur sy Gees hierdie opdrag kan uitvoer wat Hy vir ons gegee het soos in
Joh. 14:16&17 verseker:
Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander
Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die
waarheid.
En
dan gee Hy ook nog vir ons die troos van Joh. 14:18:
“Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek
kom weer na julle toe.
Geliefdes,
is u so vasgevang in die dinge van hier en nou dat u nie die groter prentjie
van God se koninkryk raak sien nie? Is u so verstrengel in die sorge van u
onmiddellike omstandighede dat dit vir u voel of alles tevergeefs is? Moenie
dat die tydelike dinge van hierdie lewe u ontstel nie. Sien die groter
perspektief van God se koninkryk raak. Glo in God, glo in Jesus Christus. Glo
dat Hy die enigste ware weg na God en die lewe is. Gaan dra hierdie goeie nuus
in woord en daad uit sodat elkeen wat uitverkore is, die blye boodskap kan hoor
en deur die Gees tot bekering gelei kan word. Maranate! Kom Here Jesus, kom!
Amen
23 September 2012
Gee al jou hartseer en pyn aan die Here, want God is ons toevlug en ons sterkte
23 Sep. 2012 (RB)
Ps. 73; Teksverse Ps. 73:26 & 28
Sing
Lofsang: Ps. 1 v 1 & 3 (OAB)
Na
wet: Ps. 42 v 1 & 3 (OAB)
Na
gebed Ps. 31
v 1 & 4 (OAB)
Slotsang Ps. 146 v 2 & 3 (OAB)
Inleiding
Misdaad affekteer elkeen
van ons op een of ander wyse. Op hierdie stadium het Suid-Afrika een van die
hoogste moordsyfers in die wêreld per 100 000 mense van die bevolking.
Elkeen word op een of ander wyse direk of indirek daardeur geraak. Dink maar
net aan die effek wat die plaasmoord naby Trompsburg op ons en op die
gemeenskap van Trompsburg gehad het. Dan hoor ons ook nuusberigte van hoeveel
ander soortgelyke voorvalle wat die afgelope tyd plaasgevind het. Byna daagliks
is daar berigte in die nuus van moorde en geweldsmisdade wat plaasgevind het.
Dit is ook iets wat die
Psalmdigter van Psalm 73 ervaar het. In die eerste deel van die Psalm hoor ons
van sy moedeloosheid wat hy ervaar omdat gelowiges swaarkry terwyl die
goddeloses oënskynlik net voorspoed beleef. Die Psalmdigter verwoord die gevoel
wat baie van ons beleef met die misdaad wat so hoogty vier in die land. In
hierdie Psalm is daar twee opvallende temas wat ons vandag ook ervaar. Die
voorspoed van bose mense en die effek wat dit op ons het. Die tweede tema in
die Psalm is hoe ons die emosies hanteer wat uit die situasie voortkom.
Die voorspoed van bose
mense en die effek wat dit op ons het.
In Ps. 73:1-3 hoor ons hoe
die Psalmdigter begin twyfel het aan God se goedheid en dat hy byna van koers
af gegaan het omdat hy die hooghartige goddeloses met afguns bejeën het toe hy
hul voorspoed sien. Die Hebreeuse woord wat met afguns vertaal is dui letterlik
op ’n gevoel van kwaadwilligheid en woede teenoor die goddeloses. Hy het kwaad geword
oor dit wat hulle gedoen het.
Ek moet erken dat ek ook
’n gevoel van woede en kwaadwilligheid ervaar het teenoor die drie verdagtes
wat vir daardie plaasmoord naby Trompsburg in hegtenis geneem is. Toe ek later
in die week lees dat die vyf verdagtes wat vir die moord op Alyssa Botha van
Muldersdrif in hegtenis geneem is, weer vrygelaat is, was ek regtig kwaad! Die
reaksie van Trompsburg se gemeenskap tydens Donderdag (20 Sep 2012) se
hofverskyning waar hulle gedreig het om die drie verdagtes dood te maak wys vir
ons dat woede en aggressie ’n algemene reaksie is wanneer mense met onreg
gekonfronteer word.
Die vraag is: “is dit reg?
Mag ons so kwaad word?” Woede is ’n werklikheid van die lewe. Dis ’n emosionele
toestand wat deur almal ervaar word. Wat leer die Skrif ons daarvan? Goddelike
toorn en menslike woede word herhaaldelik in die Bybel in die Ou en Nuwe
Testament genoem. Woede is ’n kenmerk van God en ’n algemene, waarskynlike
universele ervaring van die mens.
Die Bybel kritiseer nooit
God se woede nie terwyl daar herhaaldelik teen menslike woede gewaarsku word.
Woede teen ongeregtigheid is egter reg en goed by God sowel as by die mens. God
vertolk altyd reg en word kwaad oor sonde en ongeregtigheid. Teenoor dit begaan
die mens oordeelsfoute en reageer soms met wraaksug en vervolgsug. Die gevolg
is dat menslike woede skadelik en gevaarlik kan wees! Menslike woede kan die
satan ’n geleentheid bied om ’n vastrapplek in jou lewe te kry (Ef. 26:27) wat
jou lewensvreugde steel.
Hoewel woede opsigself nie
verkeerd is nie, kan woede maklik hand uit ruk en probleme veroorsaak en daarom
waarsku die Here ons ook daarteen soos byvoorbeeld in Ps. 37:8:
Moenie
kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net
ellende.
In Ps. 73 hoor ons dan ook
wat die effek van hierdie ellende is wat uit woede kan voortspruit. In Ps.
73:2b hoor ons:
ek het
byna koers verloor
en in vers 13&14 hoor
ons:
Dat ek
die kwaad vermy het en met ’n eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp
nie, want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe môre straf.
Die Psalmdigter het in ’n
moedelose depressie verval waar hy begin voel het dat die lewe nie meer die
moeite werd is nie. Hy het ’n geestelike stryd gevoer waarin hy byna koers
verloor het.
Dit is inderdaad die effek
wat woede en wrokke wat bitterheid tot gevolg het op ons lewens kan hê. Woede
en bitterheid veroorsaak:
·
Fisiese simptome soos hoofpyne; maagswere; hoë
bloeddruk en self hartaanvalle. Depressie veroorsaak dat die liggaam se immuunstelsel
onderdruk word met die gevolg dat die persoon meer vatbaar is vir siektes en
infeksies;
·
Sielkundig simptome soos angstigheid, vrees,
spanning en selfs depressie;
·
gebrek aan eie waarde selfbejammering;
wraakgedagtes waarin mens vasklou aan die verlede;
·
geestesstryd wat mens se verhouding met God
beïnvloed waarin selfs die Heilige Gees bedroef word;
·
’n kwaai ingesteldheid en ’n negatiewe vyandige
lewenshouding waarin mens net die slegte in die lewe raaksien.
·
Ongelukkige mense met ’n siniese lewenshouding
waarin mens skaamteloos ongevoelig, meedoënloos spottend is, sonder geloof in
die goeie en die opregtheid van mense. Niks is meer lekker of aangenaam nie.
Voel nie lus om iets te doen nie.
Slegte gebeure in die lewe
wat ’n direkte of indirekte invloed op ons het wek intense emosies soos woede,
haat self bitterheid by mens op en dit kan daartoe lei dat dit ’n baie
negatiewe impak op ons lewens het.
Hoe hanteer ons die
emosies wat uit die situasie voortkom?
Daar is ’n verkeerde
manier en ’n regte manier. Ons kan ook daarna verwys as ’n negatiewe of ’n
positiewe manier. In Ps. 73:15 hoor ons dat die Psalmdigter waarsku teen die
negatiewe manier:
Maar as
ek so sou aanhou praat, sou ek dié verloën wat aan U behoort
Hoe reageer mens negatief? Mens kan deur direkte
aggressie reageer en dit is nogal ’n reaksie wat redelik algemeen by mense
voorkom. As jy my seer gemaak het moet jy boet. ’n Oog vir ’n oog en ’n tand
vir ’n tand! Dit verskaf tydelike verligting, maar op die lang duur versterk
dit net die negatiewe emosies en word jou lewe naderhand deur jou woedebuie
oorheers.
’n Tweede manier is deur
middel van passiewe aggressie. Mens gee voor dat alles goed is en jy steek jou
ware emosie agter ’n aangeplakte glimlag weg, maar agteraf kry jy jou mes in.
Mens sal so op ’n subtiele manier iemand wat jou te na gekom het grappenderwys
verkleineer in die geselsskap. Agteraf word skadelike skinderstories versprei
om die persoon in ’n slegte lig te stel. Die groot kenmerk hiervan is
ontkenning. Die passiewe aggressiewe mens het ’n besondere talent om te doen
wat die seerste maak, maar het altyd ’n onskuldige verduideliking om die
optrede te regverdig. Selfs teenoor myself word die passiewe aggressie ontken
en dit het die gevolg dat mens opkrop en opkrop totdat dit op ’n dag uitbars as
gevolg van ’n kleinigheid.
’n Ander manier wat ook
baie dikwels voorkom is herleide aggressie. Dit is waar jy jou woede op
onskuldige mense uithaal omdat die persoon of persone wat jou kwaad aangedoen
het onbereikbaar is. Dit is gewoonlik die mense wat die naaste aan jou is wat
dit die meeste ontgeld wanneer mens van hierdie tegniek gebruik maak. Die man
kom van die werk af waar sy baas hom kwaad gemaak het en nou moet sy vrou en
kinders dit ontgeld. Die kind wat op skool deur sy onderwyser of skoolhoof
ontstel is haal sy woede en aggressie op sy maats uit. Dink maar aan die
diensleweringsprotesaksies waar onskuldige mense se eiendom beskadig of
afgebrand word.
Al hierdie benaderings is
op die uiteinde baie afbrekend en dit veroorsaak net dat mens dieper en dieper
in die put van wanhoop insink. Mens fokus naderhand net op die negatiewe in die
lewe met die gevolg dat die lewe nie meer sin maak nie. Die Here waarsku ons
daarteen soos ons hoor in Spr. 4:23:
Wees
veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
As jy op die negatiewe
fokus in die lewe dan is jou hele lewensbestaan naderhand negatief sodat jy
geen lewensvreugde meer ervaar nie. As mens egter op die positiewe fokus, dan
help dit jou om die negatiewe dinge in die lewe te hanteer en te verwerk.
Hoe hanteer ons, ons
emosies op ’n positiewe manier wanneer ons met die slegte kant van die lewe te
doen kry? Aanvaar
ons dit nou maar net gelate? Nee, geliefdes. Ons kan en ons mag ontsteld wees
wanneer slegte dinge in die lewe gebeur. Dit is egter hoe ons, ons woede en
seergemaaktheid hanteer wat die verskil maak. In Ps. 73 leer die Here ons
hoe om dit positief te doen soos ons hoor in verse 15 en 16:
Daarom
het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik totdat
ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die
goddeloses is.
Erken die woede soos die
Psalmdigter gedoen het. Verstaan wat die oorsaak is en kyk op ’n ander manier
na die situasie. Hoe kry ek reg om dit te doen? Daar is maar net een manier.
Die Psalmdigter het eers ’n ander perspektief begin kry nadat hy by die
heiligdom van God ingegaan het. Hoe gaan mens in die heiligdom van God in? In
ons teksverse (Ps. 73:26) hoor ons die Psalmdigter se belydenis:
Al is ek
afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
En ook in vers 28
Maar wat
my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God
gekies as my toevlug!
Daar is net een manier hoe
ons die Here as ons toevlug kan kies. Jesus Christus. Luister na sy uitnodiging
(Mat 11:28):
“Kom na
My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
Ons moet besef dat ons ook
verlore mense was wat in Jesus Christus vergifnis by God gevind het. Dit is net
die Heilige Gees wat hierdie insig teweeg kan bring en ons maak dit ons eie met
die geloof wat God die Heilige Gees self vir ons gee. In Jesus Christus help
God ons om ons pyn en hartseer aan Hom oor te gee sodat ons by Hom genesing kan
vind. God help ons om nie self wraak te neem nie, maar om dit aan Hom oor te
laat soos Hy vir ons sê in Rom. 12:19:
Moenie
self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God.
Kom ons lê ons hartseer en
pyn voor God neer. Kom ons gaan in by die heiligdom van God. Kom na Jesus toe
almal wat oorlaai is en vind die rus wat net Hy vir ons kan gee. Kom ons gee
al ons hartseer en pyn aan die Here, want God is ons toevlug en ons sterkte.
Amen
Teken in op:
Plasings (Atom)