28 September 2025

In my lewe moet Jesus meer word en ek minder

 

Joh. 3:22 - 36; teksverse Joh. 3:30 & 36

Inleiding

Een van die mees basiese behoeftes by die mens is die soeke na erkenning. Daardie soeke daarna dat mense weet en erken dat ek ook iets beteken. Daardie behoefte om te weet dat ek spesiaal is en dat mense dit raaksien.

Daar is niks fout daarmee nie, inteendeel dit is hoe God ons geskep het. Hy sê tog vir ons dat ons vir Hom kosbaar is. Dis ’n tema wat soos ’n goue draad dwarsdeur die Bybel loop dat God vir die mens omgee.

Die probleem kom egter in dat die sonde hierdie soeke van die mens skeefgetrek het. In plaas daarvan dat ons by God bevrediging soek vir hierdie behoefte gaan soek ons op ander plakke daarna en omdat die mens van God af weggedraai het, word hierdie behoefte nooit bevredig nie. Dit laat daardie leë gevoel by jou en daardie stemmetjie in jou kop wat vir jou sê “jy is nie goed genoeg nie!”

Dit is ook iets wat jy om die dood toe teenoor niemand wil erken nie en daarom ontstaan daar allerlei negatiewe maniere om jouself te handhaaf en daardie bang klein mensie wat agter die bravade wegkruip weg te steek. Die wêreld mag net nie sien hoe ek regtig voel nie! Ek moet ten alle koste agter ’n masker wegkruip en seker maak dat die mense daarbuite vir my die nodige erkenning gee!

Die manier waarop jy jouself handhaaf is deur aggressie wat ook fisiese geweld kan insluit. As mense jou haat sal jy terug haat. As hulle jou seermaak sal jy terug seermaak. As hulle teen jou diskrimineer sal jy ook terug doen. As hulle jou vloek sal jy hulle ook terug vloek. As hulle liefdeloos optree sal jy ook. Ek moet seker maak dat mense weet hoe belangrik ek is en hulle durf nie waag om nie my belangrikheid te erken nie! Ek dwing my gesag op mense af.

Die probleem is dat hierdie negatiewe benadering nie geluk bring nie. Maak nie saak hoe suksesvol ek is om mense te kul met hierdie masker van my nie. Ek weet wie skuil daar agter! Met hierdie benadering is daar nie plek vir God in my lewe nie, selfs al gee ek ook voor dat daar is, want dit gaan om my en my eer. As daar egter nie plek vir God is nie bly daar ’n diep leemte in my wat deur niks anders bevredig kan word nie, maak nie saak hoe hard ek probeer nie.

Hoe bevredig ek hierdie ingeskape drang binne in my na aanvaarding?

In ons teksgedeelte gee die Here gee vir ons ’n antwoord op hierdie vraag. Ek moet minder word. Ek moet hierdie eie belangrikheid en selfhandhawing van my prysgee! In die plek daarvan moet Jesus meer word. Vreemd soos dit mag klink lê die antwoord daarin dat Jesus meer moet word en ons minder.

Ek moet minder word!

Dis die enigste manier uit die spiraal van negatiwiteit en minderwaardigheid te ontsnap, om los te breek uit hierdie spiraal van aggressie waar ek op mense trap om bo te kom. Ek moet my eie selfopgelegde status waarvoor ek so hard baklei opgee. Dan hoef ek nie meer voor te gee dat dit goed gaan nie.

Met Johannes die Doper se reaksie wanneer sy volgelinge na hom te kom en sê:

“Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.”

wys die Here vir ons hoe ons dit moet doen. Vir ’n kort rukkie voor Johannes gevang is en in die tronk gesit is, het hy en Jesus ’n parallelle bediening gehad. Nou het daar ’n woordewisseling tussen Johannes se volgelinge en ’n Jood ontstaan oor die reiniging.

In hierdie woordewisseling wil Johannes se volgelinge seker maak dat sy status gehandhaaf word deur hom teenoor Jesus te wil afspeel. Hulle wil bevestiging hê dat Johannes se doop beter is as die doop wat deur Jesus se dissipels gedoen word.

Hierdie reaksie van Johannes se volgelinge is tipies die gedrag wat jy waarneem wanneer jy op ’n negatiewe manier jouself wil handhaaf. Om my belangrikheid te bewys moet ek dit ten koste van iemand anders doen. Om bo te kom moet ek op die mense onder my trap!

Ek is seker dat Johannes se volgelinge verbaas en dalk ook teleurgesteld was met Johannes se reaksie toe hulle vir hom kom vertel dat die mense al hoe meer agter Jesus aanloop. In Joh. 3:30 hoor ons egter wat is die regte manier om my eie waarde as mens te handhaaf:

Hy moet meer word en ek minder.

Wanneer ek ten koste van mense myself handhaaf is ek in opstand teen God.

Johannes verduidelik die beginsel aan sy volgelinge deur gebruik te maak van ’n beeld wat die verhouding tussen ’n bruidegom en die vriend van die bruidegom. In vandag se terme sal ons praat van die bruidegom en sy strooijonker.

Die vriend van die bruidegom het ’n baie belangrike taak gehad. Hy moes sorg dat al die rëelings vir bruilofsfunksie getref word. Wanneer die bruilof egter op hande was, het hy teruggestaan. Nou was dit nie meer hy wat belangrik is nie. Die kollig was nou op die bruidegom gerig.

Geliefdes, dis wat ons moet doen. Ons eie eer en belangrikheid moet terugstaan sodat die fokus nie op my nie, maar wel op God gerig word. Ek moet minder word en Jesus moet meer word in my lewe.

Jesus moet meer word

Hoe kry mens dit reg om af te sien van jou eie eer en belangrikheid? In Joh. 3:36 sê die Here vir ons:

Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”

Wie in Jesus glo het die ewige lewe. Wie nie glo nie, aanvaar nie God se gesag in sy lewe nie en daarom is hy ook ongehoorsaam aan God. Ons moet nie die waarskuwing wat die Here hier vir ons gee ligtelik opneem nie. Wie Jesus verwerp is onderworpe aan God se straf.

Wat moet ons dan glo? Wat beteken dit om in die Seun te glo? In Joh. 3:31-35 sê die Here vir ons wat ons moet glo. Ons moet glo dat Jesus deur God gestuur is. Ons moet glo in die hemelse oorsprong van Jesus, met ander woorde ons moet glo dat Hy self ook God is en daarom kan Hy die verlossingswerk doen waarvoor God Hom gestuur het.

Ons moet glo dat dit wat Jesus vir ons vertel in die Bybel God se boodskap aan die mensdom is en dat die evangelie; dit wil sê die goeie nuus dat Jesus gekom het om ons van ons sondes te verlos; die waarheid is. Ons moet glo dat die Heilige Gees ook God is en dat Jesus die Gees in sy plek gestuur het na sy hemelvaart.

Jesus was deur die Gees gelei terwyl Hy op aarde was en net so moet ons ook aan die Gees gehoorsaam wees. Ons moet gehoorsaam wees aan die Gees geïnspireerde woord van God. Ek moet God se gesag in my lewe aanvaar.

Die belofte wat die Here vir ons gee; dat ons die ewige lewe sal ontvang; is dat wanneer Jesus meer word in ons lewe sal ons waarlik lewe. Die ewige lewe wat ons ontvang begin nou reeds.

Wat beteken die ewige lewe vir ons?

Daar is ’n verandering in my lewe. Dit beteken dat as ek Christus volg sal ek sy goedkeuring en erkenning ontvang. Dit beteken dat ek as 'n leier sal uitstaan al ken niemand my nie, want wanneer ek gehaat word, het ek lief. Wanneer ek seergemaak word, vergewe ek. Wanneer ek gevloek word, seën ek. Wanneer almal in die duisternis leef, staan ek in die lig.

Die ewige lewe beteken dat ek my hart na God draai en Hom alleen ten volle vertrou om my te dra wanneer ek krisisse moet hanteer. Dit beteken dat ek nader aan God beweeg en dat daar by my ’n al hoe groter wordende behoefte is om God beter te leer ken. Dit beteken dat ek na God se stem luister deur tyd te maak vir Bybelstudie (persoonlik en gesamentlik) en dat ek God antwoord deur gebed.

Dit beteken dat ek verstaan dat ware vrede nie afhang van die gebrek aan probleme in my lewe nie, maar dat dit afhang van God se teenwoordigheid in my lewe. Dan sal ek ervaar dat die belofte wat die Here vir ons in Jes. 40:31 gee ook vir my waar is:

dié wat op die Here vertrou , kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Dan vertrou ek dat selfs binne in die grootste krisis in my lewe die Here in beheer van sake is. As ek daar by die dokter se spreekkamer uitstap met die nuus dat ek ook ’n slagoffer is van daardie gevreesde siekte, sal ek vertrou dat die Here my sal dra op die pad vorentoe.

Dat ek die vaste wete het dat selfs as die ergste in hierdie lewe gebeur, dat dit nie die einde is nie, maar dat die dood slegs ’n heerlike deurgang na God is waar ek vir ewig saam met Hom sal wees sonder trane, hartseer, pyn en dood.

Wanneer Jesus meer word kan ek God vertrou om beheer van my lewe te neem en dat ek nie ten alle koste self in beheer moet wees nie.

Slot

Hoe bevredig ek hierdie ingeskape drang na aanvaarding binne in my?

Jesus moet meer word en ek minder. Ek moet minder word deur my eie eer en belangrikheid terug te laat staan sodat die fokus nie meer op my nie, maar wel op God gerig word.

Ek moet in Jesus Christus en sy verlossingwerk in my lewe glo sodat Hy meer kan word in my lewe. Dan kan ek vashou aan sy belofte dat ek die ewige lewe ontvang, dit wil sê die vaste wete dat ek my lewe met vertroue aan God kan oorgee met die vrede in my dat God my sal dra selfs deur die grootste krisis in my lewe.

Dan sal ek beleef hoe ek nader aan God beweeg, dit wil sê hoe daar geloofsgroei in my lewe plaasvind. Hoe nader ek aan God beweeg hoe meer seker sal ek wees dat selfs as die ergste in hierdie lewe gebeur dat dit nie die einde is nie, maar dat die dood slegs ’n heerlike deurgang na God is waar ek vir ewig saam met Hom sal wees sonder trane, hartseer, pyn en dood.

Geliefdes, gee die beheer van jou lewe aan God oor deur self minder te word sodat Jesus meer kan word.

Amen


22 September 2025

Liefde vra opoffering


 Lees Johannes 15:1-17 Teksvers Joh. 15:12

Ons roeping is: “Stap die pad in volle vertroue saam met God.” Ons kan alleen maar die Here se roeping gehoorsaam wanneer ons weet hoe afhanklik ons van Hom is. Wat verwag die Here van ons verwag wanneer ons sy roeping opvolg om die pad saam met Hom te stap.

Julle behoort mekaar lief te hê. Dit is die Here se opdrag aan ons. In die vertaling gaan daar so ietsie van die Griekse grammatika verlore. Dis nie ’n klipharde opdrag wat ons moet doen of ons nou wil of nie. Liefde kan tog immers nie afgedwing word nie. Dit is veel eerder ’n aansporing van iets wat ons behoort te doen.

In sekere sin is die aansporing dat ons dit behoort te doen ’n baie strenger opdrag as “julle moet dit doen of julle nou wil of nie”. Die opdrag behels dat ons mekaar moet liefhê omdat ons dit vanuit ons eie wil doen en nie omdat ons dit MOET doen nie.

Ons moet wil liefhê omdat ons oortuig is dat dit die regte ding is om te doen en ons behoort dit te doen. Dit is die opdrag wat die Here aan sy kerk gee.

In hierdie teksgedeelte wys die Here ons hoe ons dit kan regkry, want om mekaar lief te hê druis in teen ons sondige natuur. Uit ons sondige natuur sal ons veel eerder haat as om lief te hê en dit kom heel dikwels in ons optrede teenoor mekaar na vore.

In hierdie teksgedeelte hoor ons hoe die Here die beeld van ’n druiwestok gebruik om aan ons te verduidelik hoe ons dit kan regkry om mekaar lief te hê. Dit is inderdaad wat die Here van ons verwag wanneer ons die nuwe lewensjaar aanpak. In
Joh. 15 v 1 hoor ons:

“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.

Die Vader is die Boer en Jesus is die wingerdstok (dit wil sê die hoofstam waaruit die take dit wil sê die lote groei) wat Hy geplant het en die lote is ons die gelowiges wat moet vrugte dra soos ons hoor in Joh. 15 v 2.

Hiermee sê die Here vir ons dat God die Vader sy Seun Jesus na die mensdom gestuur het sodat hulle waarlik die lewe kan leef wat Hy vir ons beplan het. Die vrug wat ons moet dra is liefde en ons kan dit slegs doen as ons in Jesus ingeplant is.

Die Here gebruik hier ’n baie mooi beeld om vir ons te verduidelik hoe sy liefde werk. Net soos wat ’n druiweloot nie op sy eie kan vrugte dra nie, net so kan ons nie vrugte van liefde dra as ons los is van Jesus Christus se verlossing nie. As die lewegewende sap nie uit die wingerdstok (die hoofstam) vloei in die loot nie, gaan die loot dood en dit verdroog.

Die mens wat nie glo in Jesus se verlossing nie is net soos daardie verdroogde loot soos ons hoor in
Joh. 15 v 6:

As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos ’n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

So verduidelik die Here vir ons dat ons op ons eie nie lief kan hê nie. As God se liefde nie in ons is nie kan ons nie liefhê nie soos Johannes ook in sy eerste brief 1 Joh. 4v19 verduidelik:

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.

In die eerste plek is die liefde van God dus ’n genadegawe wat ons van God ontvang. Aan die ander kant is  dit ook ’n opdrag soos ons in ons teksvers Joh. 15 v 12 hoor:

Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.

Die genade van God is dat Hy nooit meer vra as wat Hy alreeds vir ons gegee het nie. Aan die een kant gee Hy, maar aan die ander kant vra Hy wat Hy gee. God het net een doel voor oë met dit wat Hy vir ons gee en dit wat Hy vra soos ons hoor in Joh. 15v11:

“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.

In dit wat God vir ons gee en wat Hy van ons vra, doen Hy sodat ons net die heel beste in die lewe kan ontvang.

Die Here verwag van ons om vrug te dra in ons lewens. Die vrug wat Hy verwag is liefde. In Gal 5v22 & 23 sê die Here vir ons waaruit die vrug van liefde bestaan. Die vrug van liefde bestaan uit : vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

As ons in Jesus, die ware wingerdstok ingeënt is, dan sal Hy vir ons hierdie vrug gee soos ons hoor in
Joh. 15v7:

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

As ons vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing van die Here vra, dan sal Hy dit vir ons gee.

Wanneer die Here sy opdrag vir ons gee om mekaar lief te hê, dan sê Hy ook hoe ons dit moet doen: “soos Ek julle liefhet”. Jesus se liefde strek so ver dat Hy sy lewe ter wille van ons geoffer het. Ware liefde beteken opoffering. Die vrug van liefde vereis opoffering van ons.

Wat se opoffering vereis die liefde wat die Here vra van ons? Dat ons nie net vir die mense sal lief wees waarvan ons hou nie, maar dat ons ook vir diegene moet lief wees waarvan ons nie hou nie!

Dit is maklik om my mede broeders en susters waarvan ek hou lief te hê. Ongelukkig is ons nog blootgestel aan die gevolge van sonde en daarom is dit so dat daar broeders en susters in die gemeente is waarvan ons minder hou. Ons moet ook vir hulle lief wees!

Die grootste aspek van opoffering wat liefde verg is dat ons ook na onself moet kyk. As daar dalk een van ons is wat voel dat my broeders en susters nie so lief is vir my soos die Here van ons vra nie, dan moet ek na myself kyk.

Die opoffering wat ons moet maak is dat ek dit vir my broers en susters in die geloof moet maklik maak om my lief te hê. Is ek heeltyd net kwaai en nors? Is ek gedurigdeur skoorsoekerig en soek ek rede om te baklei? Loop ek heeltyd rond en verwyt? Maak ek die lewe vir die mense om my moeilik? Doen ek aspris goed waarvan my broers en susters nie hou nie, sodat ek hulle kan grief?

Is ek die een wat altyd net kla en fout vind? As vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing deel is van my lewe, dan maak ek dit maklik vir my broers en susters om vir my lief te wees. Dit kan soms een van die grootste opofferings wees wat ek moet doen, naamlik om my eie foute raak te sien en vir die Here te bid dat Hy my help om daarvan ontslae te raak.

Nog ’n aspek van liefde is die invloed wat ek op die mense om my uitoefen. Ons het ’n spreukwoord wat sê dat maats jou kan maak of breek. As ek met die verkeerde maats deurmekaar is, dan kan hulle my lewe baie negatief beïnvloed.

Die vraag is hier of ek nie ’n verkeerde maat is vir my vriende nie? Is ek besig om my vriende saam met my in die afgrond in te ly? Is ek daardie persoon teen wie ouers hulle kinders waarsku? Is ek die persoon wat heeltyd veroorsaak dat ek en my maats in die moeilikheid beland? Hierdie geld nie net vir die kinders nie, maar ook vir die grootmense. Bou ek op of breek ek af?

Geliefdes, die Here se opdrag aan ons is:

Julle behoort mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.

Hierin leer die Here ons dat ware liefde opoffering vereis.

Dit vereis opoffering in die sin dat ek moet liefhê omdat ek wil en nie omdat ek dit maar net doen om dit gedoen te kry nie. Ware liefde is opreg en dit vereis opoffering in die sin dat ek ook diegene liefhet waarvan ek nie hou nie.

Ware liefde vereis opoffering deurdat ek dit vir my broers en susters moet maklik maak om my lief te hê. Ek kan dit slegs doen as ek bereid is om my eie foute raak te sien en dat ek vir die Here bid om my te help om dit reg te kry.

Ek kan slegs hierdie gebed bid as ek glo dat Jesus Christus vir my sondes aan die kruis gesterf het en dat Hy die dood oorwin het deur op te staan uit die dood.

Ware liefde vereis opoffering deurdat ek moet streef om ’n positiewe invloed uit te oefen op my vriende sodat ek hulle opbou en nie afbreek nie.

Geliefdes, kom ons wees lief vir mekaar soos die Here vir ons lief is.

Amen

06 September 2025

Do not fear for I am with you

Scripture: Isaiah 41:8-20

Texts vers Isaiah 41:10

Do not fear, for I am with you;

do not be afraid, for I am your God.

I will strengthen you; I will help you;

I will hold on to you with My righteous right hand.

Sing:

Ps. 42-1 1 & 3

Introduction

God says to you today, “Do not be afraid, I am with you.”

Isaiah 41 was originally addressed to Judah who was taken into exile in Babylon in the 6th century BC. They had lost everything: their land, their temple, and even their identity. They were in a foreign land and they were struggling with the question of whether God had abandoned them.

Do you sometimes struggle with the question of whether God had abandoned you?

Here in Isaiah 41 we hear how the Lord comforts his discouraged people. This comfort is not only meant for the Jews of the past, it is also meant for us here and now. Especially for each of us who are confronted with the reality of the death of a loved one here this morning.

The Lord does not take away the reality of our tears and sorrow, but He gives us the assurance that his faithful covenant love carries us as his children through loss and drought.

Today we will focus on the following three main points:

Ø Our identity in Christ.

Ø God is present in our lives.

Ø And Where are we going?

Our identity in Christ

Here in Isaiah 41:8 & 9 we hear how God reminds his people who they are, not who they feel they are.

Verse 8 points back to the covenant that God made with Abraham where God promised Abraham and his descendants that He would give them His faithful covenant love.

The Lord identifies Israel as His servant. He is telling Israel here that they belong to Him because He has chosen them. They do not have to prove to Him that they are good enough for Him. On the contrary, when the Lord uses the name Jacob, He is indeed telling them that they are just like Jacob, deceivers, but that He has nevertheless made them His property in spite of that.

Furthermore, He also assures them that He has never cast them off. Even where they have been taken into exile, He is still with them.

In Gal 3:29 the Lord tells us:

And if you belong to Christ, then you are also Abraham’s descendants and heirs according to the promise.

Just as Israel belonged to the Lord, everyone who believes in Jesus Christ also belongs to the Lord because He has chosen you.

When life turns you upside down, when you are faced with the harsh reality of an open grave of a loved one, it may feel as if the Lord has abandoned you. There in Babylon Israel wondered if the Lord had abandoned them and here in Isaiah 41 He assures them that He has never abandoned them.

Beloved, hold on to the comfort that God has chosen you, because He loves you. Your security lies in your faith in Christ because He loves you. Nothing, not even death, can separate you from Christ’s love.

The Lord assures us in John 3:16

For God so loved the world that He gave His only Son, that whoever believes in Him shall not perish but have eternal life.

Do you believe in Jesus Christ? If you say yes, then God is saying to you this morning: “You are mine because I have chosen you. I will never leave you.”

God is present in our lives

If you belong to the Lord then He is present in your life. In Isaiah 41:10 the Lord tells us how He is present in our lives:

Ø Do not fear, for I am with you,

Ø Do not be dismayed, for I am your God.

Ø I will strengthen you, I will help you, I will hold you,

Ø with my own hand I will save you.

Just think about it, it is God who created the heavens and the earth who promises to never let you go. He is almighty and He can do it, but the true essence of comfort lies in the fact that God does not just say He can do it. He tells us that He WILL do it because He loves us.

In Isa. 41:13 the Lord repeats again:

Ø I am the Lord your God and I will take you by the hand,

Ø I say to you: Do not be afraid, for I will help you.

In Isa. 41:14 He repeats again:

”Do not be afraid, though you are a worm, Jacob, though you are small, Israel. I will help you, says the Lord your Redeemer, the Holy One of Israel.”

Compared to the greatness of God's omnipotence, we are nothing, yet He makes an effort with us.

The Lord places absolute emphasis on the fact that we do not need to be afraid because He is present in our lives.

Jesus sent the Holy Spirit as Comforter and Helper to be with us after His Ascension. He is with you every moment of every day. If you need him, He is just a prayer call away.

Where are we headed?

When God is present in your life, your life changes. Isa. 41:17-20 describes for us how the Lord turns the desert into a garden and how He brings new life where everything seems dead.

In Revelation 21 we hear of a new heaven and a new earth where God makes all things new. The dwelling place of God will be with men. He will dwell with them; they will be his people, and God himself will be with them as their God. He will wipe away every tear from their eyes. Death will be no more. There will be no more sorrow, pain, or suffering. The former things have passed away.”

Death is not the end. There is life after death. Christ’s resurrection guarantees it. We are on our way to a new heaven and a new earth where we will be with God forever.

God changes the desert of our hardship and toil here on earth into a garden where there are shade trees and just as the shade of cedars, acacias, myrtles, olive and pine trees offers rest and refreshment to the weary, the shade of God’s presence gives rest to weary hearts.

Summary

The Lord does not take away the reality of our tears and sorrow, but He gives us the assurance that His faithful covenant love carries us as His children through loss and drought.

To everyone who believes in Jesus Christ as their only Savior and Redeemer, God says this morning: “You are mine because I have chosen you. I will never leave you.”

If you belong to the Lord then He is present in your life and because He is present in your life, you can say with certainty:

Ø The Lord is with me.

Ø The Lord is my God.

Ø He will strengthen me.

Ø He will help me.

Ø He will support me.

The Holy Spirit is with you every moment of every day and He is just a prayer call away.

God changes the desert of our hardship and toil here on earth into a garden where there are shade trees and the shadow of His presence gives rest to weary hearts.

Nothing can separate us from the love of Christ, not even death. Death is only a passage to eternal glory with God where there is no more sorrow, pain, suffering or death.

God says to each of us today, “Do not be afraid, I am with you.”

Amen

 

Moenie bang wees nie, Ek is by jou


 Skrif: Jesaja 41:8-20

Teksvers Jesaja 41:10

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, 

Ek is jou God.

Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Sing:

Ps. 42-1 1 & 3

Inleiding

God sê vandag vir jou, “Moenie bang wees nie, Ek is by jou.”

Jesaja 41 is oorspronklik gerig aan Juda wat in die 6de eeu v.C. na Babilon weggevoer is. Hulle het alles verloor: hulle land, hulle tempel en selfs hul identiteit. Hul is daar in de vreemde en hulle worstel met die vraag of God hulle verlaat het.

Worstel jy ook soms met die vraag of God jou verlaat het?

Hier in Jesaja 41 hoor ons hoe die Here sy moedelose volk troos. Hierdie troos is nie net vir die Jode daar vere in die verlede bedoel nie, dit is ook vir ons hier en nou bedoel. Veral vir elkeen van ons wat vanoggend hier met die werklikheid van die dood van ’n geliefde gekonfronteer word.

Die Here vat nie die werklikheid van ons trane en hartseer weg nie, maar Hy gee ons die versekering dat sy troue verbondsliefde ons as sy kinders dra deur verlies en droogte.

Ons gaan vandag by die volgende drie hoofpunte stilstaan:

Ø Ons identiteit in Christus.

Ø God is teenwoordig in ons lewens.

Ø En Waarheen is ons op pad.

Ons identiteit in Christus

Hier in Jesaja 41:8 & 9 hoor ons hoe God sy volk herinner wie hulle is, nie wie hulle voel hulle is nie.

Vers 8 wys terug na die verbond wat God met Abraham opgestel het waar God vir Abraham en sy nageslag beloof het dat Hy sy troue verbondsliefde aan hulle gee.

Die Here identifiseer Israel as Sy dienaar. Hy sê hier vir Israel dat hulle aan Hom behoort omdat Hy hulle gekies het. Hulle hoef nie vir Hom te bewys dat hulle goed genoeg is vir Hom nie. Inteendeel, wanneer die Here die naam Jakob gebruik, dan sê Hy inderdaad vir hulle dat hulle net soos Jakob bedrieërs is, maar dat Hy hulle nogtans ten spyte daarvan sy eiendom gemaak het.

Verder verseker Hy hulle ook dat Hy hulle nooit weggegooi het nie. Selfs daar waar hulle in ballingskap weggevoer is, is Hy nog steeds by hulle.

In Gal 3:29 sê die Here vir ons:

En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Net soos Israel aan die Here behoort, behoort elkeen wat in Jesus Christus glo ook aan die Here omdat Hy jou uitgekies het.

Wanneer die lewe jou omdop, wanneer jy voor die nare werklikheid van ’n oop graf van ’n geliefde staan, mag dit vir jou voel of die Here jou verlaat het. Daar in Babilon het Israel gewonder of die Here hulle verlaat het en hier in Jesaja 41 verseker Hy hulle dat Hy hulle nooit verlaat het nie.

Geliefdes, hou vas aan die troos dat God jou uit liefde gekies het. Jou sekuriteit lê in jou geloof in Christus omdat Hy jou liefhet. Daar is niks, selfs nie eens die dood nie, wat jou van Christus se liefde kan skei nie.

Die Here verseker ons in Joh. 3:16

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Glo jy in Jesus Christus? As jy sê ja, dan sê God vanoggend vir jou: “Jy is myne want Ek het jou uitgekies. Ek sal jou nooit verlaat nie.”

God is teenwoordig in ons lewens

As jy aan die Here behoort dan is Hy teenwoordig in jou lewe. In Jesaja 41:10 sê die Here vir ons hoe Hy in ons lewens teenwoordig is:

Ø Moenie bang wees nie, Ek is by jou,

Ø moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.

Ø Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas,

Ø met my eie hand red Ek jou.

Dink net daaraan, dit is God wat die hemel en die aarde geskep het wat belowe om jou nooit te laat gaan nie. Hy is almagtig en Hy kan dit doen, maar die ware essensie van die troos lê daarin dat God nie net sê Hy kan dit doen nie. Hy sê vir ons dat Hy dit WILL doen omdat Hy lief is vir ons.

In Jes. 41:13 herhaal die Here weer:

Ø Ek is die Here jou God en Ek vat jou hand,

Ø Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie want Ék help jou.

In Jes. 41:14 herhaal Hy weer:

Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.

In vergelyking met die grootsheid van God se almag is ons niks, maar tog maak Hy moeite met ons.

Die Here lê absolute klem daarop dat ons nie hoef bang te wees nie want Hy is teenwoordig in ons lewens.

Jesus het die Heilige Gees as Trooster en Helper gestuur om by ons te wees na sy Hemelvaart. Hy is elke oomblik van elke dag saam met jou. As jy hom nodig het, is Hy net ’n gebed oproep ver.

Waarheen is ons op pad?

Wanneer God in jou lewe teenwoordig is, verander jou lewe. Jes. 41:17-20 beskryf vir ons hoe die Here die woestyn in ’n tuin verander en hoe Hy nuwe lewe bring waar alles dood lyk.

In Openbaring 21 hoor ons van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde waar God alles nuut maak. Die woonplek van God gaan by die mense wees. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

Die dood is nie die einde nie. Daar is lewe na die dood. Christus se opstanding waarborg dit. Ons is op pad na ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde waar ons ewig saam met God sal wees.

God verander die woestyn van ons swaarkry en moeite hier op aarde na ’n tuin waar daar koeltebome is en soos die skaduwee van seders, olyfbome, platane en dennebome rus en lafenis bied vir vermoeides gee die skaduwee van God se teenwoordigheid rus vir vermoeide harte.

Samevatting

Die Here vat nie die werklikheid van ons trane en hartseer weg nie, maar Hy gee ons die versekering dat sy troue verbondsliefde ons as sy kinders dra deur verlies en droogte.

Vir elkeen wat in Jesus Christus glo as sy enigste Verlosser en Saligmaker sê God vanoggend: “Jy is myne want Ek het jou uitgekies. Ek sal jou nooit verlaat nie.”

As jy aan die Here behoort dan is Hy teenwoordig in jou lewe en omdat Hy teenwoordig is in jou lewe, kan jy met sekerheid sê:

Die Here is met my.

Die Here is my God.

Hy sal my versterk.

Hy sal my help.

Hy sal my ondersteun.

Die Heilige Gees is elke oomblik van elke dag saam met jou en Hy is net ’n gebed oproep ver.

God verander die woestyn van ons swaarkry en moeite hier op aarde na ’n tuin waar daar koeltebome is en die skaduwee van sy se teenwoordigheid gee rus vir vermoeide harte.

Daar is niks wat ons van die liefde van Christus kan skei nie, selfs nie eens die dood nie. Die dood is alleen maar ’n deurgang na die ewige heerlikheid saam met God waar daar geen hartseer, pyn, lyding of dood meer is nie.

God sê vandag vir elkeen van ons, “Moenie bang wees nie, Ek is by jou.”

Amen