22 Maart 2012
VERKLARING VAN
DIE BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA NA AANLEIDING VAN 'N PETISIE TEEN 'N NUWE
AFRIKAANSE BYBELVERTALING
Dit het onder die
aandag van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) gekom dat daar skrywes per
e-pos die rondte doen wat mense versoek om teen die Afrikaanse Bybelvertaling
wat tans onderneem word, op te tree.
Die rede wat
aangevoer word (en daar word aangehaal presies soos dit in die petisie  staan), is dat die vertaling “Jesus Christus, die
Seun van God, as 'n gewone mens  omskryf”
asook dat die vertaling “Beoog Om Jesus Christus Totaal En Al Uit DIE  MESSIAANSE PROFESSIEë Uit Te Vertaal, Deur
KLEINLETTERS Te Gebruik Inplaas 
van GROOT LETTERS.”
Verder word gesê: “Met Jesus Christus uit hierdie Nuwe  vertaling (2016) word die GODHEID VAN JESUS
CHRISTUS Totaal en al wegvertaal,  en kan
ENIGE (NEW AGE) god nou in hierdie skrifgedeelte in geredeneër word.” 
Die
BSA wil hom ten sterkste teen hierdie e-posse uitspreek aangesien dit van alle
waarheid ontbloot is. Hierdie aantygings word in 'n baie ernstige lig beskou.
Ons gee graag aan
u meer inligting oor die Afrikaanse vertaling van die Bybel wat tans onderneem
word: 
Hierdie vertaling
is deur die kerke wat Afrikaans as voertaal gebruik, aangevra omdat  daar ‘n behoefte aan ‘n bronteksgeoriënteerde
of direkte vertaling van die Bybel in  Afrikaans
is. Die BSA inisieer self nie nuwe Bybelvertalings sonder die goedkeuring van  die betrokke kerkgenootskappe nie en voer dus
net die opdrag van die kerke uit met  hierdie
vertaling. 
Die vertaalopdrag
wat opgestel is in medewerking met die kerke is “skep ‘n goed  verstaanbare bronteksgeoriënteerde Afrikaanse
vertaling wat geskik is vir voorlesing en  gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie
en persoonlike gebruik.” Dit word  verder
omskryf as ’n vertaling wat ’n getroue weergawe van die betekenis van die  bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl
en struktuur van die bronteks sover  moontlik
behou moet word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en goed  verstaanbaar wees. Verklarende voetnotas moet
gebruik word om inligting te voorsien  wat
nie in die vertaling self voor die hand liggend is nie. 
Die vertalers van
hierdie vertaling eerbiedig die Nuwe-Testamentiese verstaan van die  Ou Testament en aanvaar sonder voorbehoud die
Ou Testament as deel van die  Christelike
Bybel. Die vertalers is deeglik bewus daarvan dat daar vir die Nuwe  Testament op bepaalde plekke in die Ou
Testament, naas die gewone betekenis ook ’n  “verborge” of “dieper” betekenis is, wat
verwysings is na Christus en dit wat Hy sou kom  doen. Die vraag wat vooraf baie lank
beredeneer is, was die volgende: Moet die  “verborge” of “dieper” Nuwe-Testamentiese
verstaan van ’n teks reeds in die vertaling  van die Ou Testament neerslag vind, met die
gevolg dat die voor die hand liggende  betekenis
op die agtergrond skuif; of moet die gewone betekenis vertaal word met die  gevolg dat die Nuwe-Testamentiese verstaan van
die teks, nie aangedui word nie? Dit was duidelik dat dit onmoontlik is om
sowel die voor die hand liggende betekenis as die  dieper betekenis tegelyk te verwoord of in
druk aan te dui in die vertaling. 
Omdat die
vertalers egter wel die Nuwe-Testamentiese verstaan van gedeeltes in die  Ou Testament eerbiedig, is besluit om in die
vertaling al daardie gevalle waar die Nuwe  Testament ʼn verwysing na Christus in ’n woord
of woorde van die Ou Testament sien, in  die
Ou Testament met ’n voetnoot te merk. Sodoende kan die leser se aandag gevestig  word op die Nuwe-Testamentiese verstaan van
die bepaalde woord of woorde en dít  sonder
verlies van die betekenis daarvan in die Ou-Testamentiese verband. In die Nuwe  Testament sal daar ook na die betrokke Ou-Testamentiese
gedeelte terugverwys word.  Hierdie
oplossing tas die Godheid van Christus geensins aan nie, want die voetnoot dui  juis aan dat ’n spesifieke teks ’n verborge
verwysing na Christus bevat.
Die probleem kan
kortliks geïllustreer word aan die hand van ’n voorbeeld. In Hosea  11:1 staan daar die bekende woorde (volgens
die 1953-vertaling): “Toe Israel ’n kind  was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het
Ek my seun geroep.” Dit verwys sonder  enige
twyfel na die twaalf stamme van Israel wat deur Moses uit Egipte uitgelei is. Dit
is  die gewone betekenis in die verband
van Hosea 11:1, en in die 1953-vertaling is “seun”  tereg nie met ’n hoofletter gedruk nie. Volgens
Matteus 2:15 bevat Hosea 11:1 egter ’n  profesie
wat verwys na die kind Jesus se terugkeer uit Egipte saam met Josef en Maria  ná die dood van Herodes. Op grond daarvan het
die vertalers in 1933/53 en in 1983  “Seun”
in Matteus 2:15 met ’n hoofletter laat druk. Dit is egter onmoontlik om die
teks in  Hosea 11:1 deur die gebruik van
hoofletters vir die leser as ’n verwysing na Christus  aan te dui sonder verlies van die gewone
betekenis in die verband van Hosea 11:1. Dit  gaan met ’n voetnoot verduidelik word.
Let verder
asseblief daarop dat, in verskillende tale, die oorgrote meerderheid  Bybelvertalings nie hoofletters gebruik in Ou-Testamentiese
tekste wat in die Nuwe  Testament as
verwysings na Christus aangedui word nie. Dit geld onder andere vir die  baie bekende Jesaja 53. Dit sluit in Engelse
Bybels soos die King James Bybel (van  1611),
New International Version, Good News Translation, English Standard Version,  Contemporary English Version, The Message, American
Standard Version, The Net  Bible, New
Century Version, New Jerusalem Bible, New Living Translation, 1890 Darby  Bible, ensovoorts. Ons is bewus daarvan dat
enkele ander Engelse vertalings wél  hoofletters
gebruik, maar dit is nie die algemene gebruik nie. Hoofletters word ook nie in  die Duitse Luther Bibel en Gute Nachricht
Bibel gebruik nie. So ook nie in Franse,  Italiaanse, Spaanse en vier Nederlandse Bybels
wat ons nagegaan het nie. In Afrikaans  is
daar nie hoofletters in die 1983-vertaling en die Bybel vir Dowes asook ander  Afrikaanse vertalings wat in die mark is nie. Dit
is duidelik dat die gebruik van hoofletters  hoofsaaklik beperk is tot uitgawes van die
Nederlandse Statevertaling wat ná 1900  gedruk
is en slegs enkele ander vertalings. Die Afrikaanse vertalings van 1933/53 het  die gebruik van die Statevertaling van ná 1900
nagevolg. Dit is algemeen bekend dat  die
Hebreeuse taal nie enige “hoofletters” gebruik nie.
Sommige kerke het
die BSA wel oor hierdie saak van hoofletters genader en die BSA is  die afgelope twee jaar met daardie kerke in
gesprek. Daar is kerke wat, soos in die  1983-vertaling,
die gedeeltes in die Ou Testament met kleinletters gedruk wil hê, en  daar is ’n paar ander kerke wat, soos in die 1933/1953-vertaling,
die betrokke gedeeltes  met hoofletters
gedruk wil hê. Ons kan die versekering gee dat die BSA besig is om op baie
verantwoordelike wyse, met al die kerke wat die Afrikaanse Bybel gebruik, hierdie
 saak te hanteer. 
Ons wil dit baie
duidelik stel dat vir die Bybelgenootskap en die vertalers die geloof in  die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige
Gees, ononderhandelbaar is, en die  Bybelgenootskap
of sy medewerkers sal nooit, soos die e-pos beweer, die Godheid van  Christus misken nie of op enige wyse daartoe
bydra “dat Jesus Christus gelykgestel sal  word aan enige (New Age) god” nie. Sodanige bewerings tas die
integriteit en  geloofsoortuiging van die
Bybelgenootskap en die vertalers aan en word in die  sterkste taal verwerp. U kan absoluut seker wees daarvan dat GEEN
Bybelvertaling  van die BSA die Godheid
van Christus ontken of in die “new age” rigting beweeg nie.  Die BSA is sedert 1820 betrokke by en
verantwoordelik vir betroubare Bybelvertalings in  al 11 die tale van ons land en sal nooit die
betroubaarheid van die Goeie Nuus  ondermyn
nie.  
Die vertaling
waaraan tans gewerk word, sal ’n uiters deeglike vertaling van die Bybel  wees en ons glo dat, wanneer dit verskyn, dit
baie Afrikaanssprekendes tot geloof en  nuwe
lewe in Jesus Christus, die Seun van God, sal lei. Ons is ook oortuig daarvan
dat  dit ’n instrument in die hande van
die Heilige Gees sal wees om gelowiges te laat groei  in die “kennis van die Seun van God”. Mag
hierdie vertaling God in alles verheerlik!
Ons vind dit
heeltemal onaanvaarbaar dat mense oningeligte en onwaar aannames per  e-pos versprei. Ons ervaar dit as blote
verdagmakery.  Besoek asseblief die
webtuiste  van hierdie vertaling www.nuwekerkbybel.co.za vir die
korrekte inligting. 
U word dus
vriendelik, dog dringend, versoek om te help om hierdie saak met die korrekte
inligting reg te stel en hierdie dokument so wyd as moontlik te versprei.
In diens van die
Woord
Ds. Gerrit
Kritzinger
Uitvoerende Hoof
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking